R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Overstrand Munisipaliteit wil graag die foutiewe beriggewing oor water-toetse deur Afriforum by De Mond, Hermanus,soos wat in Die Burger van 18 Maart 2014 berig is, regstel.
Die munisipaliteit kon die volgende vasstel by die persoon van Afriforum (Stefan Pretorius) wat die toetse gedoen het:
1. Die toetse is gedoen op 21 Februarie net na 10:00 die oggend.
2. Die berig meld dat "plaaslike owerhede en die media teenwoordig was toe die toetse geneem is". Stefan Pretorius het aan mnr Hanre Blignaut (Overstrand munisipaliteit: Adjunk Direkteur: Ingenieursdienste) bevestig dat slegs hyself en Afriforum se Hoof van Gemeenskapsveiligheid teenwoordig was toe die toetse in Overstrand gedoen is.
3. Die berig meld verder dat die behandelde rioolwater van 100 dorpe getoets is, en bespreek dan verskeie "dorpe", waaronder "De Mond (Hermanus)". Stefan Pretorius het aan mnr Blignaut van die munisipaliteit aangedui dat hierdie monster by Onrus geneem is, van water wat in die see inloop. Dit blyk dus dat daar by Afriforum verwarring was tussen De Mond en Onrus. Nieteenstaande hierdie verwarring, kan geen watermonster wat by De Mond of by Onrus geneem is enige verband hou met Overstrand Munisipaliteit se behandelde rioolwater nie, soos wat in die berig geinsinueer word nie, en hou dit ook geen verband met die Departement van Waterwese se amptelike Groen Druppel program nie.
Overstrand Munisipaliteit gee aan die inwoners van Hermanus die versekering dat die e-coli vlakke in Hermanus se behandelde rioolwater voldoen aan die relevante Nasionale standaarde, en dat daar geen e-coli in die dorp se drinkwater teenwoordig is nie. Daar is geen rede tot kommer by die publiek nie.
Overstrand Munisipaliteite is ‘n amptelike verskoning van Afriforum ten einde die foutiewe beriggewing in die media reg te stel.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.