Afrika Pikkewyn inisiatiewe

Afrika Pikkewyn inisiatiewe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Voorbeeld van ‘n mensgemaakte pikkewynhuisie deur Dyer Island Conservation Trust se Faces for Need projek

Tydens die onlangse Mariene-aand deur Dyer Island Conservation Trust (DICT) in die Great White House, is “Afrika Pikkewyn Inisiatiewe” deur Alouise Lynch aan die gaste oorgedra. “Die aanbieding het hoofsaaklik op ‘n kortlikse verduideliking van die historiese en huidige gevare wat ons pikkewynbevolking in die gesig staar, gefokus,” sê Alouise.

Die volgende is enkele van die interessante feite wat sy in haar aanbieding weergegee het: 16 bekende spesies kom in die Suidelike halfrond voor en al 16 is onder bewaring, met 4 wat as bedreigde spesies beskou word, waarvan die Afrika Pikewyn een is. Laasgenoemde is endemies in Suider Afrika en kom vanaf Namibië tot by Port Elizabeth in 26 kolonies voor. Gedurende die vroeë 1900’s was daar ‘n geskatte populasie van 700,000 Afrika Pikkewyne, maar dit het gedurende die afgelope 100 jaar met 94% gedaal.

In Dyer Island se geval het die populasie sedert 1970 van 70,000 individue na 1,400 gedaal, wat inderdaad kommerwekkend is. “Historiese bedreigings was onder andere die verwydering van guano en die oes van pikkewyn-eiers. Tans is die belangrikste bedreigings vir die Afrika Pikkewyn die kompetisie met Pelagiese visserye vir sardyn en anchovis, olie-besoedeling en -storting, kompetisie met robbe, asook die gevare wat roofvoëls inhou.” Met die verwydering van guano kan die pikkewyne nie meer veilig broei nie en broei nou bo-op die grond, wat hulle des te meer kwesbaar vir ander omstandighede maak, aangesien hulle nie op die neste kan bly sit nie. DICT het lankal reeds met mensgemaakte pikkewynhuisies begin, wat reeds uitstekende resultate behaal het.

“Ons voer ook etlike reddingsaksies uit en vervoer beseerde pikkewyne en seevoëls na SANCCOB in Kaapstad, met sowat 27,000km wat al op eie koste vir hierdie doel afgelê is,” sê Alouise. “Dit is dan ook die motivering vir die bou van ‘n African Penguin and Seabird Sanctuary in Gansbaai waar onmiddelike aandag aan rehabilitasie en versorging gegee kan word alvorens hulle weer vrygelaat kan word.” Gansbaai Courant sal nader aan die tyd oor hierdie onderwerp rapporteer.

Hardus Botha

Afrika Pikkewyn inisiatiewe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.