R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“’n Stukkie geskiedenis het Maandag plaasgevind met die verwydering van die gesigte en wysers van die NG-gemeente se Kerkhorlosie om plek te maak vir nuwes wat binnekort geïnstalleer sal word,” sê Jannie Botha, voorsitter van die projek.
“Die gesigte wat verwyder word het die gemeenskap vir bykans 70 jaar van tyd voorsien, maar dit het deur die jare ernstig verweer en moes vervang word.” Hierdie opknappingswerk geld ook vir die bestaande konstruksie van die toring waar die horlosie se meganiese stelsel is. Groot dankbaarheid bestaan jeens Paul Knoetze wat betrokke is.

Jannie Botha is bo in die Kerktoring besig om die Kerkhorlosie se wysers te laat sak, met Johan Hulme wat onder seker gemaak het die “landing” word veilig uitgevoer
“Hy het ‘n ongelooflike kennis van ou kerkhorlosies en het al verskeie daarvan herstel en ons as Kerkraad is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir die talent waaroor Paul beskik.” (Meer oor Paul later). Die afhaal van die gesigte en wysers was beslis nie ‘n maklike taak nie. Alle stukke moes versigtig met ‘n tou aan die buitekant laat sak word en Jannie en Johan Hulme moes hul vasvat ken, maar hulle het deeglik daarin geslaag. “Die wyserratte en gegoote yster van die gesigte is swaar en daar moes ook daarop gelet word om nie die kerkgebou en dak te beskadig nie,” sê Jannie.
Die Kerktoring- en Horlosie Komitee bestaan uit Jannie Botha (voorsitter), Paul Knoetze (horlosie), Johan Hulme (bouer), Thys de Vries (ingenieur) en Hannes Cilliers (finansies). Hierdie is egter ‘n baie duur projek en selfs die NGK se Kerkkoor het besluit om ‘n bydrae te lewer. Hulle oefen baie hard aan ‘n “Klugtige Operette”, Sneeuwitjie en die 7 Bergies wat op 25 en 26 April om 19:00 vir 19:30 in die Pretoriussaal opgevoer gaan word. Die opvoering beloof om skreeusnaaks en baie goed te wees, met kaartjies wat teen R40 (volw) en R20 (kinders) by die Kerkkantoor gekoop kan word. (Meer hieroor later.) “Die fondse van hierdie opvoering is vir die herstel van die kerkhorlosie ge-oormerk,” sê Aletta Lochner, koorafrigter en regisseur van die “Klugtige Operette”.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.