R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ernst Conradie, eienaar van die plaas Mierkraal, met een van sy spog Amerikaanse skouperde (Foto: Riaan Jacobs)
‘n Deel van Gansbaai Fotografieklub se jaarprogram is om interessante uitstappies te reël. “Dit dra nie net by tot ‘n samehorigheidsgevoel nie, maar dit bied ook geleenthede vir klublede, en veral beginners, om praktiese ervaring op te doen,” sê Christo Wessels, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub.
“Ons klub se Bredasdorp-uitstappie op 22 Maart na die plaas, Mierkraal van Ernst Conradie het uiters suksesvol verloop en is terdeë deur almal geniet, met pragtige foto’s wat geneem is.” Christo sê dit is ‘n pragtige saai- en beesplaas in die Bredasdorp-omgewing en dit was vroeg-opstaan vir die lede wat reeds om 05:00 vanaf Gansbaai vertrek het. Hy sê met hulle aankomslag op die plaas het sommige lede summier hul kameras en driepote gegryp en begin foto’s neem, terwyl ander eers ‘n lekker slukkie koffie agter die blad wou kry. Die lede het toegang tot die hele plaas gehad en het dit behoorlik benut om die landgoed van hoek tot kant te verken - met kamera’s wat maar nie kon ophou met klik-klik nie.
“Van die fokuspunte wat veral baie aandag getrek het, was onder andere die plaashuise, ‘n ou skaapkraal, damme, voëls, murasies en landerye,” vertel Christo. “Een van die absolute hoogtepunte was die lede se besoek aan die skouperde.” Ernst het ‘n aantal top Amerikaanse skouperde en het hulle spesiaal aan die lede vertoon om rustig foto’s te kon neem. Die klublede was dit eens dat die besoek aan die pragtige plaas daarmee op ‘n hoë noot afgesluit is. Lede word daaraan herinner dat daar nie op 21 April ‘n byeenkoms sal wees nie, maar wel op Maandag, 28 April, waartydens almal se plaasfoto’s dan besigtig sal word. Lede word ook aan die interne kompetisie met die tema “reflections” herinner. A4 foto’s moet voor of op 19 Mei 2014 ingedien word.
Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 geskakel word, of skakel vir Linda Kloppers by 082-550-7313.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.