VLV Nuus

VLV Nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Aan al ons lede, onthou asseblief dat on VLV vergadering nie op die 6de Mei gaan plaasvind nie, maar wel op die 5de Mei. Alhoewel dit nie 'n gewone vergadering gaan wees nie, gaan die kompetisies vir Mei maand nog voort. Sien berig hieronder.

Gansbaai Tak wil julle graag uitnooi om 'n heerlike middag van pret en plesier deur te bring met Cindy Liebenberg op die 5de Mei 2014  14:30 vir 15:00.

Kaartjies beloop R25.00 per persoon wat ook 'n looitjie insluit. Dit word gehou in die Gansbaai Family Church, Buitekantstraat, Gansbaai. Vir besprekings kan Ronel de Villiers gekontak word op 028 38 42150 of 084 414 4670 of Rienie op 081 443 8248. 

"Auntie Stienie Verdoes, oftewel Cindy Liebenberg, is 'n passievolle pretprater by uitstek! Met haar tong in die kies en pittige segoed, laat sy jou vergeet van alles wat pla. Hierdie vrou verskuif die grense waneer sy met positiewe energie jou hart aanraak oor die goed wat vroue raak. Moet nie die geleentheid misloop om 'n kuier met haar in te pas nie! Ons nooi jou vir 'n middag van feestlikheid op Maandag 5 Mei 2014 14:30 vir 15:00.

"Alle grappies Oppe Stokkie - Bloumaandag se dinges!"

Sien  uit om julle almal daar te sien. 

Gansbaai VLV Groete

VLV Nuus

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.