Houtmaker sterf tragies

Houtmaker sterf tragies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Alfred Daniel Frans (59) van Stanford het verlede Vrydag volgens sy familie gaan houtmaak toe hy deur ΄n motor getref is en gesterf het.

Volgens Adj Off S Hugo was ΄n dame en haar vriendin om 18:45 met haar Hyundai op pad van Caledon na Gansbaai. Sy het op die R43 hoofpad naby Tembilihle (Hopland) vir ongeveer 80 meter agter ΄n voertuig gery.

Terwyl sy agter die voertuig gery het, het sy 'n groot tak aan die linkerkant van haar voertuig gesien asook 'n donker vorm. Omdat dit reeds donker was kon sy nie sien wat dit was nie, maar het 'n slag teen haar voertuig gevoel.  Nadat sy die slag teen haar voertuig gevoel het, het sy rem getrap en gestop.

Nadat sy gestop het, het haar vriendin vir haar gesê dat sy moet omdraai en na die naaste polisiestasie gaan om die voorval te rapporteer aangesien dit gevaarlik was waar hulle gestop het. Terwyl sy omgedraai het en weer in die rigting van Stanford gery het kon sy nie enige tak of persoon in die omgewing sien nie. Sy het toe die voorval by die SA Polisiediens Stanford aan Konstabel Mnqwazi gerapporteer.

Terwyl sy die voorval gerapporteer het, het die klagtekantoor  'n klagte ontvang dat 'n persoon op die R43 omgery is.

Konst Mnqwazi het die klagte bygewoon en 'n persoon met kopbeserings langs die R43 gekry. Die ambulans was ontbied en hul het die persoon op die toneel dood verklaar.

Francois de Jongh

Houtmaker sterf tragies

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.