R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Hartseer foto van ‘n verstrengelde swarttobie is onlangs op Franskraalstrand naby die Mond deur Callie Lotz van Perlemoenbaai geneem. Hulle het gaan stap en op dié tragiese gesig afgekom. Vele is al geskryf oor die dodelike skade wat deur vislyn, hoeke en dies meer aangerig kan word. Vir dié doel het Dyer Island Conservation Trust al baie moeite gedoen. Onder andere het hulle op etlike plekke langs hierdie omgewing se kuslyn netjiese vislynhouers (fishing line bins) aangebring om mense aan te moedig om nie hulle afval vislyn, hoeke en gewiggies rond te strooi nie. Ongelukkig gebeur dit steeds dat sodanige items die kuslyn ontsier, maar ook ‘n dodelike gevaar vir seevoëls en ander seediere skep. Die Swarttobie (Haematopus moquini) (Engels: African Oystercatcher) is die tweede skaarste voël in Suid-Afrika. Die swarttobie is ‘n pragtige, pikswart voël met ‘n kenmerkende oranje snawel en oogringe, asook dowwe pienk beentjies. Dit is uitsluitlik ‘n kusvoël wat langs enige kuslyn aangetref word en hulle kom gewoonlik in pare voor, maar soms ook in klein swerms. Die swarttobie was ernstig bedreig, maar bevolkings is besig om te herstel deurdat voertuie nie meer op Suid-Afrikaanse strande toegelaat word nie. Die grootste bedreiging is die feit dat die wyfie haar eiers op die strand lê, wat deur voertuie beskadig is. Die mediterreense mossel dien as hoofvoedselbron vir dié voëls. Vir hulpverlening ten opsigte van beseerde seevoëls of -diere, kan Alouise Lynch van DICT by 082-907-5607 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by 0ffice@dict.org.za. Besoek gerus ook DICT se webtuiste by www.dict.org.za vir meer inligting oor die groot bewaringstaak wat deur hulle vervul word.
Hardus Botha
Foto 1: Die tragiese foto van ‘n verstrengelde swarttobie wat onlangs op Franskraalstrand afgeneem is.
Foto 2: Die handige Vislynhouer (fishing line bin) wat op etlike plekke op hierdie omgewing se kuslyn deur Dyer Island Conservation Trust aangebring is
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.