Grootbos se Staci

Grootbos se Staci

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Staci Bester (21) is ‘n knap danser op verskeie gebiede en is tans in diens van Grootbos waar sy opleiding ondergaan. Sy het in Gansbaai grootgeword, maar het reeds op 11-jarige ouderdom saam met haar ouers verhuis. Staci se pa, Terry Bester was ‘n welbekende in die arera en het ‘n loodgietersbesigheid besit. “Ek was ‘big daddy’s girl’ en my pa was ook die een wat my geleer het om te dans, maar ek het hom op 10-jarige ouderdom as gevolg van maagkanker verloor,” vertel Staci. Hulle het na die Oos-Kaap verhuis waar haar ma haar by Arts Academy ingeskryf het. Staci was vir 6 maande in Australië waar sy by verskeie dansstudios betrokke was, met haar hoogtepunt as die Burlesque werkswinkel waar sy baie geleer het rakende mense en die geskiedenis van dansstyle.

Staci is nou sowat 1½ maande by Grootbos en ontvang opleiding in die kuns van gasvrou in die drank- en voedselafdeling. “Ek is baie gelukkig daar en het ‘n ware ‘Grootbos-familie’ ontdek,” sê sy.

Staci vertel dat sy dankbaar is dat sy vir Lynette van Wyk raakgeloop het wat haar oë vir ‘n heel nuwe sangwêreld oopgemaak het. “Ek het haar sover gekry om weer haar dansskoene aan te trek en ons het groot planne vir die dorp en ander plekke met dansoptredes.”

Lynette het onlangs gereël dat Staci tydens ‘n Erediens van Gansbaai Family Church optree, wat sy terdeë waardeer en geniet het. “Deur Staci se toedoen het ek weer uit my ‘aftrede’ geklim en besluit om my dansskoene aan te trek en ek glo saam met Staci dat ons twee deur God se weë om ‘n goeie rede bymekaar uitgekom het om dinge saam te doen,” sê Lynette.

Hardus Botha

Grootbos se Staci

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.