Black Leaves Speel Gelykop

Black Leaves Speel Gelykop

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die span van Gansbaai was verlede Saterdag (3 Mei) behoorlik getoets deur SAFCOL van Grabouw. 'n Titaniese stryd lê voor vir die Gansbaaiers as hulle die komende Saterdag (10 Mei) met die Standards van Bredasdorp wil gaan afreken.

SAFCOL het hier met mening opgedaag en het gelyk na die beter span. Eers het Black Leaves se derde span met 7-5 gewen daarna het Black Leaves se tweede span vasgeval en verloor hul wedstryd met 7-15. Namamte die tyd begin nader stap het vir die aanbreek vir die hoofwedstryd het die skare al behoorlik aangegroei.

Die afrigters, Michael & Morné van Black Leaves, en die van Grabouw, Billy Horn het met die opwarming sessies die passies behoorlik by hul troepe ingedril. Met die verskyning op die veld het Black Leaves gespog met splinternuwe truie geborg deur H&I en Build It, en nuwe kouse geborg deur Willie Europa. Die klub is baie dankbaar vir hierdie skenkings. SAFCOL ruik eerste bloed en slaag met 'n strafskop (0-3). SAFCOL het die baai op die agtervoet gehou met hul swaarder agttal, maar Black Leaves het heeltyd die voordeel van hul tuisveld gebruik om hul opponente te troef. Black Leaves behaal 'n strafskop (3-3). Nog nie sien jy 'n gevormde span van Black Leaves nie, veral t.o.v algehele samespel. Rustyd breek aan met SAFCOL wat 6-3 voorloop.

Met die aanbreek van die 2de helfte en die tyd wat uitloop, slaan SAFCOL weer toe met 'n strafskop (9-3). Black Leaves wat net nie genoeg saam oor die voordeellyn kom nie en kantlyn skoppe wat nie baie doelgerig en effektief was nie het die manne laat bontstaan.

SAFCOL het goed druk toegepas, maar die baai kon telkemale ontsnap. Met die vele skeidsregters beslissings teen Black Leaves op hul tuisveld wag daar beslis 'n opdraende stryd vorentoe. Dit wil veral lyk of Gollie en Frankie besig is om in 'n goeie flank kombinasie te gedy. Frankie (Kaptein) het groter bulle van Grabouw by 'n paar geleenthede behoorlik laat gras vreet. Gollie veral, wat uit die "Black line" uitkom en nou kantman speel, se wakker oë en groot krag dien 'n groot voordeel te wees om die regte lyne (kanale te speel) en dit is hier waar Gollie SAFCOL se los trio, veral hul agsteman wat gereeld met die bal agter die skrum uit weggebreek het, gestuit het.

Uit die feit dat daar geen drieë gedruk was nie en Steward Jacobs al 9 van sy span se punte met die skopskoen aangeteken het, kan daar afgelei word dat die spel voorlangs bepaal was. Maar soos gesê was, sal Black Leaves vir Papwiel van Standards (oud baai-speler) in toom moet hou en vir Melly Tobias (vleuel) die geleentheid moet bied om die baai se drieë te druk.

Tot dusver het Black Leaves se A-span darem nog uit al sy drie wedstryde punte verdien en het nog 7 punte. Alle voorspoed vir Black Leaves na Bredasdorp (10 Mei).

Die Rugby klub en bestuur wil langs hierdie weg ook graag hul innige meegevoel betuig met die Dempers gesin met die heengaan van hul eggenoot en vader, wyle James Dempers, wat ook vir baie jare die klub gedien het met spel en op bestuur en later sy geestelike roeping voortgesit het.

So sê Bra G

Black Leaves Speel Gelykop

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.