Inbrake bly Kopseer

Inbrake bly Kopseer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee neefs het Dinsdag in Hermanus se Landdroshof op 7 aanklagte van huisbraak verskyn. Die inbrake het in De Kelders in die Stirlingstraat omgewing voorgekom en Eben Adonis staan tereg op 5 klagtes terwyl Sell Adonis op 2 sake aangekla is. Eben is ook van roof  aangekla nadat hy met 'n voorval Vrydagaand verbind is. 'n Polisiebeampte se 21-jarige seun was vroegoggend op die Kleinbaaipad te voet onderweg huis toe. Hy is naby die plaas, Dallas, deur twee mans voorgekeer en 'n mes is teen sy keel gedruk. Hulle het hom van sy baadjie, skoene en selfoon beroof.

Volgens die ondersoekbeampte, Sers Leon Crafford, is die inbrake by Pearly Beach tans 'n groot kopseer. In een van die vele huisbraak en diefstal voorvalle in daardie gebied het 'n dief vroegaand 'n motorruit gebreek. Die eienaar het dit in sy huis gehoor en toe hy buite kom het 'n man halflyf deur die venster gehang en binne in die motor rondgekrap.

Die inbreker het dadelik oor Broadwaystraat in die veld in gevlug. Toe die eienaar hom probeer volg het, het 'n tweede man met 'n flits in sy oë geskyn om hom te verblind. Hy is ook met 'n skerp voorwerp in die elmboog gesteek. Die saak word ondersoek en enige persoon met inligting word versoek om Sers Crafford by 028 384 0201 te skakel.

Francois de Jongh

Inbrake bly Kopseer

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.