agter+blad op die rak

agter+blad op die rak

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se eie kosguru, Niël Stemmet, wat 'n gastehuis in De Kelders bedryf, se nuutste storie-, foto- en kosboek, agter+blad is pas deur LAPA Uitgewers uitgegee.

“...om mense te bereik, moet jy as skrywer bereid wees om self mens te wees...” ­ Anneke Blaise, die ontslape redakteur van Tuis oor Niël Stemmet.

Op 11 Januarie 2014 skryf Anneke Blaise ’n voorwoord vir agter+blad. Op 17 Februarie 2014 sterf sy aan kanker; en so kry agter+blad ’n heel nuwe dimensie. Die helfte van die tantieme wat hierdie boek genereer, word direk aan kankernavorsing geskenk.

Ja, agter+blad is meer as ’n kook+boek, dit is ook ’n storie+boek, ’n foto+boek, ’n kos+boek, ’n onthou+boek, ’n erfenis+boek. Dit is volkeur, want Niël wou ánders wees as die onderwysers op skool: “My kop wou kleur in alles lees, maar in die oë van die onderwysers was alles of wit of swart, en basta met die res.”

Daarom is Niël ook lief vir lappieskomberse: “Laslappies-komberse vertel stories. Elkeen wat ek het, vertel ’n ander storie.” Elke storie bring weer nuwe stories. Este de Nysschen vertel uit Panama hoe sy met lappies begin werk het in Afghanistan tussen “vrek-arm, brand-arm weduwees”. In agter+blad sit Niël Stemmet dus nie net die segetog voort wat hy met sy debuut, sout+peper, behaal het nie, hy vul ook hierdie versameling stories aan met briewe van geïnspireerde lesers.

Niël Stemmet het al swaargekry – op skool en elders. Nou baklei hy vir mense wat swaarkry. Dié boek handel dus ook oor mense “wat as huishulp en nanna omsien na kinders, hulle grootmaak asof haar eie.” Maar Niël baklei ook vir Afrikaans, en daarom teken hy ook onthou+woorde op, soos “uitpakslaai” en “mandjiekos”, of hy gebruik soms annerste woorde: "Oupa Koot het amandelbome geplant in die dorpshuis se tuin. Hy het gesê dat die amandels hulle neute afgooi want hulle het geweet dat sy rug sou kromtrek en dat hy dan die neute van die grond af sou kon optel, om dit te bêre vir uitdeel aan syse kinders en vriende."

Eenvoud is belangrik vir Niël. Dit moet ’n lewenswyse word. Niël vertel van die ou mense wat gordyne toegetrek het teen die hitte. Waarom doen ons dit nie? Dis ’n manier om ons begroting te laat klop. Dié nederigheid kom ook in die resepte voor. Terug na die dae voor onnodige byvoegings, hou kos suiwer, behou die smaak van die oorspronklike resep. Skaapboud of asbrood? Maak weer eenvoudige kos; soos in die verlede.

Die vorige teks, sout+peper, het uitstekende persdekking gekry en gaan waarskynlik binnekort ’n derde druk beleef.

Neil Stemmet is ’n storieverteller

Hy het aan die voete van sy oupa geleer van stories. Sy passie in die lewe is erfeniskos en dat die stories oor onthou+kos vertél moet word. Omdat ons almal heengaan, is stories die enigste wat oorbly in die wêreld.

Dit is ook hoekom hierdie tekste in hardeband uitgegee word. Niël wil dat hulle langer as ons moet lewe. Daarom ook is resepte deel van sy stories, en is suiwerder kos, soos ons uit oorvertel geërf het, so belangrik.

Niël noem dit erfenis+kos – ’n konsep wat al hoe meer pos vat. Anneke Blaise het dit ’n golf genoem; mense begin weer om anders na kos te kyk, hulle begin weer om tafels sit en stories vertel. Niël se optredes en toesprake oor hierdie beweging is uiters gewild. Hy doen gereeld praatjies in die kleinste dorpies en by die grootste korporatiewe kliënte. Sy inspirasiestories laat nimmer ’n droë oog.

Vir die lesers is Niël die man wat daardie uiters gewilde stukke in Tuis en Home skryf, maar vir restaurateurs is hy die ontwerper van dekor, konsepte, spyskaarte en idees. So was Niël verantwoordelik vir die manier waarop die Towerbosch Aardkomsbuis by die Knorhoek-wynlandgoed, net buite Stellenbosch, opereer. Towerbosch is onlangs vereer met ’n 2013 Eat Out DStv Food Network Restaurant Award as die “Best Country Restaurant in South Africa”.

Niël tree op as ’n kreatiewe konsultant en is verantwoordelik vir ’n aantal ontwerp- en kuratorprojekte vir plaaslike en internasionale kliënte. Hy het reeds nege keer in Elle Decoration verskyn.

Gevra oor sy filosofie, sê hy dit gaan uiteindelik oor tydloosheid. Die toekoms lê in die verlede.

Ook in Engels

Vir Niël is die tydloosheid van Afrikaans opgesluit in kombuistaal – iets wat na hartelus in agter+blad gebesig word. Linda Roos het baie moeite gedoen om Niël te ver+taal, en daarom is die boek ook beskikbaar in Engels as back+page.

Die twee tekste, agter+blad en back+page is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

agter+blad is in Gansbaai beskikbaar by OK Foods, Superspar, Prime Cut Meats en Pieter Deon Interiors.

agter+blad op die rak

Promosie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.