R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ons is geskok oor al die doodstydinge in Stanford die afgelope tyd,” sê Adj-Off Hugo, Kommunikasie: Stanford SAPD. “Eers was dit Marlene Swart en nou ook andere, asook Dezelia Damon wat verlede week in ‘n motorongeluk in die Gansbaai-omgewing naby Grootbos dood is.”
AO Hugo sê voorts dat Stanford SAPD op Saterdag, 31 Mei om ongeveer 08:35 ‘n klagte van ‘n ongeluk op die hoek van Dreyer- en Matilda Maystrate ontvang het. ‘n Ford bakkie het met ‘n fietsryer, Enricho Spandiel (42) gebots.
Volgens getuies het die bestuurder van die bakkie in Dreyerstraat gestop om vir ‘n kind geld te gee en weggetrek om in Matilda Maystraat in te draai. ‘n Ander voertuig het aan die teenoorgestelde kant van die straat by die stopstraat gestaan en die fiets het in die baan van die Ford bakkie gery en met die bakkie gebots. Die fietsryer het teen die windskerm geval en is per ambulans na die Medi-Kliniek geneem waar hy die volgende dag, 1 Junie oorlede is. Enrico was ‘n werker van Stanford Munisipaliteit.
“Op 30 Mei om 06:20 het SAPD Stanford weer ‘n klagte ontvang van ‘n sterfgeval te Stanford,” het sy ook gesê. “Op die toneel was die seun van die oorledene, Martina Niemand (59).” Die seun het die polisie meegedeel dat hy om 06:00 sy moeder op die vloer in haar kamer gekry het waar sy gelê het. “Volgens die seun het sy ma die vorige aand van borspyne gekla en sy het die kliniek besoek en pille is aan haar voorgeskryf,” sê AO Hugo. “Volgens haar suster, bekend as Annie, het die oorledene slegs 2 pille gedrink en ‘n geregtelike nadoodse ondersoek is op 2 Junie op haar uitgevoer.”
In ‘n minder ernstige voorval verwys AO Hugo na konstabel Zenzile wat op Saterdag, 24 Mei om ±10:00 met ‘n polisievoertuig vanaf die kop rigting Stanford gery het om die R43 hoofpad te patrolleer. Terwyl hy gery het, het hy twee mense aan die linkerkant van die pad sien stap. By die mense was ‘n 9-jarige seun, Easton Dreyer, wat vermoedelik na sy woning in die industriële gebied in Stanford op pad was, wat onverwags oor die pad gehardloop het. Die polisievoertuig het gerem, maar kon nie verhoed om die seun te tref nie. “Daar was geen skade aan die voertuig nie, wat ‘n aanduiding is dat dit stadig gery het.” Die seun het aan die oorkant van die pad geland en is deur die ambulans na die Provinsiale hospitaal geneem. Hy is reeds ontslaan met slegs steke wat hy aan sy kop gekry het.
Hardus Botha
Foto: Die ongelukstoneel op die R43 naby die Grootbos-afrit. Drie insittendes was in die motor en een van die passasiers, Dezelia Damon, het onder die motor beland en die volgende dag gesterf. Die ongeluk het op Donderdagaand, 29 Mei plaasgevind en geen ander voertuie was betrokke nie.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.