Sindikaat saak loop

Sindikaat saak loop

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die grootste perlemoensindikaat-saak wat tot nog toe in die Kaapse Hooggeregshof verhoor is, is tot Dinsdag 17 Junie uitgestel.

Dit volg na twee van die beskuldigdes, Gilbert Hart en Samuel Sauls, se regsverteenwoordigers hul van die saak onttrek het. Die twee se advokate het onttrek omdat hulle geen finansiële instruksies van hul kliënte ontvang het nie.

Regter Monde Samela het daarna vir Hart en Sauls twee dae kans gegee om nuwe regsverteenwoordigers aan te stel.

Hulle het gevolglik aansoek gedoen dat verteenwoordigers van die Regshulpraad aangestel moet word vir hul verdediging.

Dit is egter van die hand gewys. Die sogenaamde "Barends"-sindikaat en hul hoofbeskuldigde, Ran Wei, wat steeds deur Interpol gesoek word, staan op meer as 700 aanklagte tereg. Daar word beweer dat hulle by onwettige bedrywighede van sowat R15 miljoen betrokke was.  Vier van die 29 beskuldigdes, Quintin Knoetze, Abdul Majiet Mabarra, Ebraim van Tonder en Peter Jansen het reeds pleitooreenkomste met die staat gesluit. Knoetze en Van Tonder wat in 2012 gevonnis is, is vroeër vanjaar op parool vrygelaat terwyl Mabarra moontlik later vanjaar en Jansen volgende jaar parool sal kry.  Die orige 25 beskuldiges wie se verhoor op 17 Junie hervat is: Frank Barends, Christiaan Crous, Donovan Dickson, Jody Behr, Daniel Oktober, Kerneels Chaka, Johannes Jacobs, Frederick Matthews, Henry Spandiel, Gabriel van Wyk, Christopher Kapot, Walter Delport, Anton Maclean, Frank Maritz, Piet Booysen, Boltwun Boezak, Samuel Brett, Ivan Dreyer, Sarah Dunsdon, Gustav Sauls, Josephine Barends, Henry Dickson en Anthony Broadway, Gilbert Hart en Samuel Sauls.

Die aanklagte teen hulle behels rampokkery, geldwassery en die onwettige besit van perlemoen. Een van die beskuldigdes, Anthony Broadway, se prokureursfirma was voorheen betrokke by die verteenwoordiging van die groepering gedurende die periode wat hulle bedrywig was.                            

Francois de Jongh

Foto: Frank Barends

Sindikaat saak loop

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.