R43 wek kommer

R43 wek kommer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Met 3 ongelukke op die R43 tussen Stanford en Gansbaai verlede week en 3 hierdie week, raak die situasie op die R43 vanaf Hermanus na Gansbaai uiters kommerwekkend,” sê Tony Blakenberg, Assistent Superintendent: Verkeersafdeling. “Die oorskreiding van die spoedgrens en veilige volgafstande, met werkers wat vroeg- of laat donker werk toe en terug stap, asook diere langs die pad, speel ‘n groot rol in hierdie probleem.” Adj-Off Hugo, Kommunikasie: Stanford SAPD, het weer eens laat weet van die onlangse ongelukke tussen Stanford en Gansbaai. Op Sondagoggend, 8 Junie was ‘n wit Corsa bakkie naby die Kleinrivierbrug, rigting Hermanus in ‘n ernstige ongeluk betrokke. “Die voertuig se bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en volgens haar weergawe was dit as gevolg van die sterk wind wat gewaai het en die voertuig het links in ‘n sloot beland en op sy linkerkant tot stilstand gekom,” sê AO Hugo. “Op die toneel was 5 beseerde dames, almal van Stanford, asook ‘n manspersoon vanaf Khayalitsha met hoofbeserings wat oorlede is.” Sy sê die bestuurder van die voertuig is nie beseer nie en die res is vir behandeling na die Hermanus Provinsiale hospitaal geneem. “Ek het self ook die ongelukstoneel bygewoon en dit was vir my mooi om te sien hoe die SAPD, verkeersmense en paramedici die nodige aandag, ondersteuning en bystand verleen het. Sulke dinge maak jou trots op jou kollegas en dan weet jy weer waarom jy hierdie beroep gekies het….om te help.” Sy verwys ook na ‘n ongeluk die vorige dag naby die informele woongebied op die R43, waartydens die bestuurder beheer oor sy VW Polo verloor het, maar niemand is beseer nie. “Die bestuurder is vir dronkbestuur aangehou.” Op Maandag, 9 Junie, het nog ‘n ongeluk op die R43 naby die Varks-se-snoet plaasgevind. ‘n Isuzu bakkie het met ‘n vragmotor gebots, nadat die bestuurder regs wou afdraai. Die insittendes van altwee die voertuie is per ambulans na die Hermanus Provinsiale hospitaal vervoer.

“Die reënweer, gladde padoppervlak en swak sig was hier vermoedelik die oorsaak van die ongeluk,” sê AO Hugo. Gansbaai se Tony Blakenberg sê dat hy persoonlik die R43 na Stanford vroegsoggens met ‘n bloulig, vir sigbaarheid, patrolleer in ‘n poging om die padongelukke te verminder. “Ons doen ‘n ernstige beroep op motorbestuurders om gehoor te gee aan spoedbeperkings, asook die volgafstand agter ‘n ander voertuig wat minstens 2 karlengtes moet wees,” sê Tony. Hy het ook ‘n skrywe aan die Provinsie gestuur rakende die bosse langs die pad wat ‘n groot probleem met sigbaarheid veroorsaak.                                                          

Hardus Botha

Foto: Die ernstige motorongeluk naby die Kleinrivierbrug by Stanford waarin 5 mense beseer en een oorlede is.

R43 wek kommer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.