Gansbaaiers en Sutherland

Gansbaaiers en Sutherland

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was weer tyd vir die Gansbaai-motorfietsers, en ander in die Wes-Kaap, vir hul jaarlikse winterbesoek aan Sutherland. Vanjaar was dit die 11de jaarlikse Sutherland Winter Runners 2013 motorfietsrit van die Scattered Links MCC, terwyl dit die 4de een vir Overberg Scattered Links was.

Die 9 Gansbaaiers (verlede jaar was dit 6) van Overberg Scattered Links wat vanjaar se motorfietsrit na Sutherland aangepak het, is hulle voorsitter, Pieter Maree, met die res as André Coetzee, Bennie du Toit, Chris van Rensburg, Du Toit van Sittert, Ettienne Brown, Francois van der Westhuizen, Jannie Vermeulen en Senekal Dreyer. Die Gansbaaiers het op Saterdag, 7 Junie om 06:00 in Gansbaai weggetrek en later by die res van die motorfietsers in Worcester aangesluit. Vandaar is hulle via De Doorns en Matjiesfontein na Sutherland, sowat 400km vanaf Gansbaai.

“Die manne het dit terdeë geniet en vanjaar het ons gelukkig nie weer in sneeu vasgeval nie, al was dit vanselfsprekend maar baie koud gewees,” vertel Pieter. “By Matjiesfontein, wat gewoonlik ‘n langerige stop vir bene-rek is, het ons ‘n baie interessante bustoer deur die dorp gehad - in ‘n toeka se vyftigerjare se bus vanuit London.” Daar was ook ‘n geleentheid vir gelukstrekkings en André Coetzee was die gelukkige wenner van ‘n gratis kaartjie vir volgende jaar. Pieter sê dit was verlede jaar ook ‘n Gansbaaier wat die gelukstrekking gewen het. Vanjaar was daar weer eens  so ‘n stuk of 6 nuwelinge wat braaf genoeg was om die laaste ±50 kilometer na Sutherland slegs in hul “coulor-vests”, stewels en onderbroeke af te lê.

“Ons het die terugrit vroeg Sondagoggend aangepak om nie in die reën wat voorspel is, te ry nie,” vertel Pieter. “Daar was welliswaar nie reën nie, maar die wind was só sterk dat ons maar pal skuins gelê het, al het ons reguit gery.”

Navrae oor Scattered Links, Overberg Chapter kan aan Pieter Maree by 083-292-0190 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.

Hardus Botha

Foto: Die 9 Gansbaai-motorfietsers kort voor hul vertrek na Sutherland, met voor vlnr André Coetzee, Senekal Dreyer, Jannie Vermeulen en Bennie du Toit. Agter vlnr is Ettienne Brown, Pieter Maree (voorsitter), Chris van Rensburg, Du Toit van Sittert en Francois van der Westhuizen.

Gansbaaiers en Sutherland

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.