Stanford inbraak

Stanford inbraak

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Op 10 Junie om ongeveer 23:30 het ‘n dame in Stanford wakker geword met ‘n geluid wat vir haar soos die gekrap van ‘n voël op haar dak geklink het,” skryf Adj-Off Hugo, Kommunikasie: Stanford SAPD. “Die dame was nog deur die slaap toe sy by die venster uitkyk en het niks gewaar nie en teruggeklim in haar bed.” AO Hugo sê die dame was sonder haar seun alleen in die huis en het weer van dieselfde geluid wakker geword. Sy het ‘n skaduwee in die donker gesien en eers later die kaalvoet-voetspore op die teëls in elke vertrek gesien, met baie swart roet van die skoorsteen by die vuurherd. Toe sy die polisie wou skakel, het sy besef haar handsak met haar selfoon was weg, asook ‘n tas met klere wat in die slaapkamer gestaan het. Die polisie het ‘n leer aan die buitekant gekry, waar die inbreker deur die skoorsteen toegang tot die huis verkry het. “Ons vermoed dus dat die inbreker óf baie maer is, of ‘n jong persoon moet wees,” sê AO Hugo. Die dame se Britse paspoort en bestuurderslisensie is op 12 Junie op Stanford se rugbyvelde gekry. Die verdagte is onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie. Persone met inligting kan Stanford SAPD by 028-341-0601 skakel.

Hardus Botha

Stanford inbraak

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.