R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Dit is vir ons as Maatskaplike Werkers van Gansbaai en Stanford ‘n groot voorreg en blydskap om almal van julle in julle hoedanigheid as ouers - mammas - by vandag se seremonie welkom te heet,” het Luzanne Naude, Stanford se Maatskaplike Werker gesê. Die geleentheid was die oorhandiging van welverdiende sertifikate aan die kursusgangers. Dit was ‘n intensiewe kursus oor Ouerleiding, bestaande uit 8 sessies, wat oor ‘n tydperk van sowat 7 maande onderskeidelik in Gansbaai en Stanford deur Badisa aangebied is.
Die kursusaanbieders was die Maatskaplike Hulpwerkers Madelein Fourie (Gansbaai) en Merlé Swart (Stanford), saam met die Gemeenskapontwikkelingswerker, Jo-Anne Lewis (Gansbaai). Hulle is deur die onderskeie Maatskaplike Werkers, Dorothy van Vuuren (Gansbaai) en Luzanne Naude (Stanford), bygestaan.
Die suksesvolle kursusgangers wat hulle welverdiende sertifikate op Dinsdag, 10 Junie 2014 ontvang het, is:
Gansbaai - Chardonny Delport, Charlene Fortuin, Erika Muller, Heidi Arendse, Jaco Siegels, Jeanienne van Zyl, Jennifer Arendse, Lizzie Fortuin en Mina Gardener;
Stanford - Beaulah Phillips, Caroline Booysen, Chrizelle Kapot, Elizabeth Stewart, Ella Moos, Juanita Mcklein, Katrina Robyn, Lee-Ann Arendse, Magreta Muller, Mary-Jane Dreyer en Venesia Swanepoel.
Voorbeelde van die kursusinhoud is onder andere kinderbeskerming, versorging van babas, noodhulpkissies, familieverhoudinge, dissipline, rouprosesse en veel meer. “Kinders is ‘n geskenk van ons Hemelse Vader en hulle bring vir ons groot vreugdes en seën, maar dit gaan ook met eweneens groot uitdagings en verantwoordelikhede gepaard,” het Luzanne gesê. “Soos wat ons kinders egter ouer word, verander die uitdagings en verantwoordelikhede, asook ons rol as mammas en daarom is dit noodsaaklik om kundige inligting, leiding en advies ook op hierdie wyse te bekom - alles tot voordeel en in belang van ons kinders.”
Vir maatskaplike navrae kan Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa) se kantore, langs die NG Kerkkantoor, by 028-384-0151 gekontak word.
Hardus Botha
Foto 1: ‘n Deel van die suksesvolle kursusgangers van Badisa, kort ná die oorhandiging van hulle sertifikate
Foto 2 : Gansbaai en Stanford se kursusaanbieders en Maatskaplike Werkers, met vlnr Jo-Anne Lewis, Merlé Swart, Dorothy van Vuuren, Madelein Fourie en Luzanne Naude
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.