87% van Wes-Kaapse Graad 4 meisies teen die ontwikkeling van MPV verwante servikskanker beskerm

87% van Wes-Kaapse Graad 4 meisies teen die ontwikkeling van MPV verwante servikskanker beskerm

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wes-Kaapse Regering Gesondheid kan bevestig dat 87% van graad 4-meisies wat staatskole en skole vir spesiale behoeftes in die Wes-Kaap bywoon die eerste dosis ontvang het van die entstof wat die ontwikkeling van Menslike Papilloomvirus-verwante (MPV-verwante) servikskanker voorkom. Die tweede dosis sal gedurende die tweede ronde van die veldtog toegedien word, wat geskeduleer is om vanaf 29 September tot 31 Oktober 2014 plaas te vind.  

Daar is 1 099 laerskole in die Wes-Kaap waarvan 98% deur die veldtogspanne besoek is. Die oorblywende 2% bestaan uit skole waar daar net seuns is, of skole waar daar tans nie enige graad 4-meisies is nie. Altesame 42 286 meisies het die entstof ontvang teen ’n koste van R206,70 per meisie. 

Die nasionale Departement van Gesondheid het voorsiening gemaak vir die 13% meisies wat in aanmerking kom wat nie die entstof in die eerste ronde ontvang het nie om ’n geleentheid te kry om dit in die tweede ronde te ontvang. Hierdie meisies se ouers of versorgers sal ’n toestemmingsbrief deur die skool ontvang.  

Die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, Theuns Botha, het gesê: “Dit is ’n baie bevredigende uitslag, gegewe dat hierdie ’n nuwe enstof is en dat dit die eerste keer is dat die enstof deur staatsgesondheid beskikbaar gestel is.”

MPV is die virus wat servikskanker veroorsaak. Die entstof beskerm die meisie teen MPV-infeksie, en verminder dus die risiko om MPV-verwante servikskanker later in haar lewe te ontwikkel. Servikskanker is die kanker wat die tweede meeste by vroue voorkom naas borskanker.  

Vir meer inligting in al drie amptelike tale van die Wes-Kaap, besoek asseblief die volgende skakel:

http://www.westerncape.gov.za/general-publication/frequently-asked-questions-about-human-papillomavirus-hpv

87% van Wes-Kaapse Graad 4 meisies teen die ontwikkeling van MPV verwante servikskanker beskerm

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.