R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die survey (ondersoek) van Sport- en Ontspanningsbote, asook kommersiële bote deur ‘n amptelike surveyor (ondersoekbeampte) het ‘n nuwe wending ingeslaan ná die aftrede van Koos de Kock. Koos het voorheen alle bote in die omgewing ge-survey, wat dit baie gerieflik vir booteienaars gemaak het. Die foon kon net opgetel word en ‘n afspraak kon met Koos gemaak word. Voortaan moet booteienaars met SAMSA (South African Maritime Safety Authority) die nodige reëlings tref. ‘n Ondersoekbeampte word dan van die Kaap af gestuur, maar dan moet ‘n minimum van 5 bote ondersoek word. “Dit is wat dit vir ons moeilik maak, maar ek is bereid om as koördineerder op te tree sodat ons ‘n groep bymekaar kan kry vir die ondersoekbeampte vanuit die Kaap,” sê Piet van Zyl.
“Ek is steeds die amptelike Veiligheidsoffissier en Ondersoek-beampte van die twee boothengelklubs, Overberg Boothengelklub en Birkenhead Boothengelklub en kan dus steeds hulle lede se bote survey, maar nie bote van eienaars buite die twee klubs nie,” sê Koos. Hy is sedert 1997 deur SAMSA as amptelike Small Vessel Surveyor aangestel. “Alle betrokkenes is reeds van die situasie in kennis gestel en booteienaars sal voortaan net vroegtydig vir ‘n surveyor met SAMSA moet reël om hul bote te laat survey,” sê Koos. Kennis kan ook geneem word dat Tjaart Olivier in Hermanus ook bote survey, maar dat hy nie na Gansbaai kom om dit te doen nie. Tjaart kan by 028-314-1023 gekontak word. SAMSA se kontaknommer in die Kaap is 021-421-6170.
Belangstellendes wat van Piet van Zyl se bereidwilligheid om ‘n basiese program vir besoeke vanuit die Kaap op te stel, kan hom by 083-309-9493 skakel.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.