Fabian se aanvaller skuldig

Fabian se aanvaller skuldig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Aldreque (Ellie) Pieters (21) wat daarvan aangekla was dat hy in November 2011 vir Fabian Dunsdon (16) met 'n mes doodgesteek het, is Donderdag skuldig bevind aan strafbare manslag en gevonnis.   

Fabian is op daardie noodlottige Vrydagaand in mnr Mervin Fick in Dahliastraat se motorhuis deur Pieters met 'n mes in die hart gesteek.

Volgens ooggetuies, waaronder twee van Fabian se nefies, het ‘n groep van sowat 10 vriende die aand daar saam sosiaal verkeer en na musiek geluister. Pieters het later volgens hulle beskonke daar aangekom en met ‘n mes na van hulle gespeel-steek. Hulle het vir hom gevra om die mes te bêre, wat hy toe ook gedoen het.  Volgens getuies het Fabian en een van sy nefies later na ‘n huiswinkel daar naby gegaan. Met hul terugkeer het Pieters weer die mes rondgeswaai en die nefie se hemp bo die skouer gesny.

Hy het ook na Fabian gesteek. Fabian het uit die garage gehardloop  en is net daarna buite met ‘n steekwond in die middel van sy bors op die grond gekry. Volgens getuies het Pieters toe uitsprake gemaak waartydens  hy erken  het  dat hy vir Fabian gesteek het.

Fabian was ‘n Grd 8 leerder by Academia en die personeel en leerders is geskok oor sy tragiese dood. Die hoof, mnr Tommy Wilson, het die Maandag tydens ‘n saalbyeenkoms Fabian se tragiese dood aan die leerders oorgedra.

Hy het gesê dat hy Fabian se dood as ‘n boodskap van waarskuwing sien. “Leerders moet bewus wees van die gevare daarbuite en daarop bedag wees,” het hy gesê.

Fabian se ma, Paulina, het hartseer vertel hoe sy dié Vrydagaand by haar ongestelde ouer broer se huis, nie ver van die moordtoneel af nie, gekuier het. “Fabian het vroeër die aand vir my ‘n trui by ons huis gaan haal omdat dit begin koel raak het. Ons het ooreengekom dat ons soos gewoonlik later saam terug huis toe sou loop. Toe ek egter teen 21:30 by Fick se huis verbyloop was die stoeplig aan, maar dit was doodstil.”  Paulina is toe huis toe met die verwagting dat hy reeds daar was. Sy en haar man, Fanie, het later gaan lê maar sou, soos enige ouers, nie maklik kon slaap voor hy nie tuis was nie.

Hulle het kort daarna die ontstellende nuus van haar broer gehoor en het hul na Fabian gehaas. “Ek het met my kind se kop op my skoot vir sy lewe gebid en kon nog ‘n flou polsie agter sy oor voel. Toe gaan die lewe uit sy oë,” het Paulina, bewoë gesê. Pieters is in die Strand se streekshof tot 8 jaar gevangenisstraf waarvan 3 jaar opgeskort is gevonnis. "Ek glo egter dit was moord en nie stafbare manslag nie, want die nadoodse foto's het gewys dat die mes tussen my seun se ribbes en dwarsdeur sy hart & agteruit gesteek is. Dit was nie 'n prik-prik speletjie soos Pieters se vriend, Adi Appel, in die hof getuig het nie," het Fabian se ma Dinsdag gesê.                                              

Francois de Jongh

Foto 1: Wyle Fabian Dunsdon

Foto 2: Die bedroefde ouers, Paulina en Fanie Dunsdon met ‘n foto van wyle Fabian kort na sy sterfte.

Fabian se aanvaller skuldig

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.