Bylmoordsaak Sluit

Bylmoordsaak Sluit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Landdros Mouton het Vrydag in die Strandse Streekshof aangedui dat sy op 30 Julie uitspraak sal lewer in die bylmoordsaak van Nugget Otto. Otto is vroeg die oggend op 21 Februarie 2011 in sy slaap vermoor. Hy is na bewering deur die houtkapper, Johan Julies, in sy slaap vermoor deur hom twee keer met 'n byl in die kop te kap. Die staat en verdediging het die uitgerekte saak Vrydag met hul betoë afgesluit. Die laaste getuie was 'n hofordonnans, Sers Nigel Pieterse, wat Vrydag deur Samantha Pieterse, regshulp prokureur van die beskuldigdes, Johan Julies en sy houvrou, Mariaan Nobles, gedagvaar is om te getuig.

Sy het aangevoer dat die hofordonnans gehoor het hoe 'n medegevangene van Julies, wat teen hom getuig het, met Spr Kapt Danie Rautenbach by die hof gepraat het oor staatsvergoeding vir sy getuienis. Sers Pieterse het dit ten sterkste ontken. Sy het verder in haar betoog beweer dat Rautenbach nie net die staatsgetuie selmaat van Julies omgekoop het nie maar ook vir Claudine Dyk van die veiligheidshuis waar Julies en Mariaan se kinders na hul arrestasie gebly het. Volgens haar is die 8-jarige seun, wat getuig het hoe hy gesien het hoe Julies vir Otto vermoor het, ook omgekoop. "Hulle is omgekoop om teen 'n onskuldige familietjie te getuig," het Samantha Pieterse in die hof gesê. Landdros Mouton het hierop gevra wat se motief Kapt Rautenbach kon hê om getuies om te koop. Sy het die staatsaanklaer, Harold Engelbrecht, versoek om nie sy volle betoog in die hof in te lees nie maar dit net in te dien. Uitspraak in hierdie opspraakwekkende moord word op 30 Julie by die Streekshof in die Strand verwag.

Francois de Jongh

Bylmoordsaak Sluit

Uitspraak Binnekort

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.