Glibberige kalant aangekeer

Glibberige kalant aangekeer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Elias (alias Dumy) Adendorf (26), wat as 'n reeksinbreker reeds berugtheid verwerf het, is sowat 'n maand gelede op parool vrygelaat. Getrou aan sy nering het hy egter glo na bewering op Sondagnag 6 Julie op die klein gemeenskap van die PJ Gerber Natuurreservaat toegeslaan en by 11 huise ingebreek. Sommige eienaars was tuis maar het nie wakker geword nie.

Elias was ook in Junie 2010 in die nuus deurdat hy hom toe sonder 'n draad klere aan, deur 'n handgrootte vensterdiefwering  by Steenbokstraat in Kleinbaai ingewurm het. Die eienaar, Deon Botha en sy vrou, Marlene, se hondjies het hul op die tweede verdieping wakker gemaak. Die agterdeur het daarna geklap en die inbreker het ontvlug. Hy het egter sy klere, skoene, 'n lang jagmes in 'n skede en sy selfoon op die buitenste vensterbank laat lê. Hy is kort daarna gearresteer.

Elias het reeds in die hof verskyn vir die inbrake by die natuurreservaat en bly in aanhouding. Die ondersoekbeampte, Sers Leon Crafford, het bevestig dat van die gesteelde eiendom wat by die 11 huise gesteel is in Hermanus opgespoor is en dat Elias direk daarmee verbind word.

'n Tweede verdagte, Gilbright Visser (24), van Hermanus is ook met die inbrake en verkope van die gesteelde ware verbind.

Francois de Jongh

Glibberige kalant aangekeer

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.