Dubbele rooftog

Dubbele rooftog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee afsonderlike rooftogte op Somaliese winkels in Blompark en Stanford op Sondagaand 27 Julie 2014 is vermoedelik deur dieselfde rowers uitgevoer.

Die twee winkeleienaars is broers. In Blompark is die een deur ‘n swart man met ‘n vuurwapen gedreig en ‘n 16-jarige meisie is met die vuurwapen  oor die kop geslaan. Twee verdagtes het buite in ‘n voertuig gesit, waarna hulle met sowat R2,000 ontvlug het.

In ‘n soortgelyke voorval, slegs sowat ‘n uur later, het twee swart mans ‘n Somaliese winkel in Stanford binnegekom onder die voorwendsel dat hulle sigarette wou koop en een van hulle het ‘n pasteitjie vir hom gekry.

‘n Derde verdagte het vermoedelik in die voertuig bly sit. Terwyl die winkelier die sigarette gaan kry het, het die man wat daarvoor gevra het, ‘n vuurwapen uitgehaal en op die winkelier gerig. “Hy het in Engels gesê dat alle geld aan hom oorhandig moet word, terwyl die ander man die winkelier aan sy arms gegryp en vasgehou het,” het AO Sarena Hugo, Kommunikasie-offisier van Stanford SAPD, gesê. “Die man met die vuurwapen het die geldlaai geneem, die winkelier eenkant toe gestamp en met sowat R2,000.00 op die vlug geslaan.” Stanford SAPD was naby die winkel op patrollie en die winkelier, wat nie beseer is nie, het hulle voorgekeer en oor die voorval ingelig.

AO Hugo sê die aanvallers het die toneel vermoedelik in ‘n bakkie verlaat. Twee Ethiopiërs van Hermanus is dieselfde aand, kort ná die voorval, gearresteer, met een wat weggehardloop het. Die vuurwapen is later deur Stanford SAPD gekry. Die beskrywings van die verdagtes te Blompark en Stanford stem ooreen.

AO Hugo is in 1999 as Stanford SAPD se Kommunikasie-offisier aangestel. Sy is met ingang van 31 Julie 2014 te Cloetesville SAPD aangestel en woon nou in Stellenbosch. Sy gaan op huishoudelike geweld (Domestic Violence) fokus.

AO Hugo het gereeld persverklarings aan Gansbaai Courant uitgereik en sy word alle voorspoed in haar nuwe werksomgewing toegewens.

Hardus Botha

Dubbele rooftog

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.