Nimlike Lizette

Nimlike Lizette

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gedurende Desember 1987 het Lizette Janse van Rensburg ‘n radikale keuse in haar lewe gemaak. “Ek het my hart vir Jesus gegee en gekies om te lewe!” vertel sy. Sy het daarna in 1988 by Sport vir Christus Aksie (SCAS) aangesluit, deel van ‘n Uitreik-groep geword en nooit weer teruggekyk na die verlede se depressie nie.

Lizette ontmoet haar eggenoot, Jaco in 1990 en die paartjie tree in 1991 in die huwelik. Twee pragtige kinders, Danielle (18) en Josua (16) is uit die huwelik gebore. Hulle verhuis na Mc Gregor en haar passie om weer te sing vat weer vlam, maar word geblus deur die afsterwe van haar vader en hulle besigheid wat hulle weens ‘n groot diefstal verloor. In 2004 het Danie Botha in Robertson gaan sing en haar gevra om ‘n liedjie saam met hom te sing. Net daar het haar passie vir sing weer opgevlam en het sang en die lewering van getuienis weer voluit deel van haar lewe geword.

Lizette tree op Saterdag, 16 Augustus 2014 om 09:30 vir 10:00 in die Pretoriussaal op. Die NGK se Vrouediens het ‘n gesellige Dames-oggend vir Lizette se optrede gereël. Die tema is: “O hete die mure, en kyk hoe lyk my rok nou!” Kaartjies kos R100 per persoon, met ‘n drie-gang maaltyd, soos net hulle dit kan voorberei, wat ingesluit is, asook die aansit by prag-versierde tafels. Die fondse is vir Vrouediens-projekte ge-oormerk.

Kaartjies is beperk en Elcine Hulme kan vir navrae of besprekings by 082-564-1959 geskakel word, of gaan koop gerus ‘n kaartjie by die NG-Kerkkantore of skakel hulle by 028-384-0510. Dit is ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.

 Hardus Botha

Nimlike Lizette

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.