Skaapkoppe by dosyne

Skaapkoppe by dosyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Letterlik skaapkoppe by dosyne - dit is nou nie die gaste nie, maar die skaapkoppe wat vir die jaarlikse Skaapkopete voorberei is.

Die geselligheid het op Saterdag, 16 Augustus 2014 te Uijlenes van Flippie en Staci Groenewald plaasgevind. Die 100 skaapkoppe is geurig (vir diegene wat daarvan hou!) deur die Swellendam Skaapkopgilde voorberei en gaargemaak. Johan van Dyk het as seremoniemeester opgetree en kon nie genoeg met die Blou Bulle simpatiseer nie, met ds Dirk van Dyk wat die verrigtinge met gebed geopen het. Naas die skaapkoppe, is daar ook kerrie-afval, skaapskenkels en gevulde hoenderfillet te ete aangebied.

Manie Groenewald, met sy bekende sangitems en sy Baardskeerdersbos se orkesmanne het verdere luisterrykheid aan die byeenkoms se 300+ gaste verleen.

‘n Veiling ten bate van Baardskeerdersbos se NG-gemeente is ook gehou, met Cornie Swart se “afslaer-stem” wat die bieërs deeglik aangemoedig het met B’Bos se Witblits-legendes. Per bottel is die volgende pryse behaal: R800 (witblits), R1,000 (heuning witblits), R500 (2 x witblits), R800 (grenadella witblits + gewone), R1,100 (kersie witblits + gewone) en ‘n volle R400 vir ‘n bossie fynbos wat normaalweg R80 kos! Dan was daar geluktrekkings met pryse vir elke ete-kategorie.

“Ons is baie dankbaar vir elke sent wat ons gemaak het, veral met die suksesvolle veiling, maar veral ook teenoor almal wat die aand so pragtig ondersteun het en dit bygewoon het,” sê Marietta Uys, een van die organiseerders. “Ons is ook dankbaar teenoor Flippie en Staci Groenewald vir hulle moeite met De Uijlenes se venue wat hulle beskikbaargestel het.”

Met die etery was dit weer eens ‘n belewenis om te aanskou: manne met knipmesse, kleinbyltjies en jagmesse - met agterna blink gesigte van die geurig-voorbereide skaapkoppe, om nie te praat van ‘n paar wat eers hul skaapkoppe gesoen het nie!

Hardus Botha

Skaapkoppe by dosyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.