Brandweer inisiatief

Brandweer inisiatief

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir twee brandweerwaens, loeiende sirenes, geraas-toeters en flitsende rooiligte is dit nie moeilik om kleuters se aandag vas te vang en te behou nie. So was dit dan ook op Vrydag, 15 Augustus 2014 by De Kleine Gansies Kleuterskool, Cool Kids Kleuterskool en Masakhane Créche.

“Tydens ons Mandela-dag optrede by hierdie drie kleuterskole het ons keuses van prente om in te kleur aan die kleuters uitgedeel en belowe dat daar ‘n wenprys vir elke skooltjie sal wees,” vertel Jacques van Lill van Gansbaai Brandweer. “Die drie wennertjies is deur ons keurders aangewys en vandag het ons die pryse persoonlik gaan aflewer.” Die groep brandweermanne en -vroue het met twee brandweerwaens onder leiding van Jacques na die kleuterskole gery en die wenpryse oorhandig. Jacques sê etlike kleuters het met hulle vorige besoek gevra of daar “tannies” ook in die Brandweer is en derhalwe is twee brandweervroue, Cynthia Desemela en Patricia Snyders saamgeneem. Die res van die span was Alpheus Mohlabi, Bavan Hess en Thembelani Xovula.

Die wenprys is ‘n pragtige brandweer-speelstel, kompleet met ‘n brandweerwa en -helikopter en -toerusting. Die wenners was Elizna van Rensburg (De Kleine Gansies Kleuterskool), Johanay Michau (Cool Kids Kleuterskool) en Selina Nqejane (Masakhane Créche). Wat hierdie brandweer-inisiatief nog mooier maak, is dat die drie pryse met eie fondse deur die brandweerpersoneel aangekoop is as hul bydrae tot die kleuters se groot dag. Met verwysing na Mandela-dag, meld Jacques dat hulle graag vir Johnny Rockets vir die koeldrank bedank. Die drie wen-inkleurprente sal vir ‘n maand lank by die Brandweerstasie opgeplak en vertoon word.

Hardus Botha

Brandweer inisiatief

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.