R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ons blydskap is té oorweldigend om in woorde te kan beskryf,” het Magrieta Adams, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum, tydens die ontvangs van Silwerjare Dienssentrum se splinternuwe bussie gesê. “Dit is iets wat ons al só lankal só baie nodig het.”
Die Dienssentrum probeer al vir etlike jare om ‘n toekenning van die Nasionale Lotery Raad te ontvang. Hulle voortgesette pogings is op 6 Junie vanjaar beloon toe ‘n bedrag van R454,873.00 aan hulle toegeken is. Die eerste aankope was broodnodige toerusting soos ‘n stoof, yskas, vrieskas, wasmasjien, muurverwarmers en ander toerusting. Die belangrikste aankope was egter hul eie vervoermiddel vir die bejaardes, ‘n 16-sitplek Toyota Quantum bussie wat op Maandag, 18 Augustus 2014 afgelewer is.
‘n Mooi funksie is vir die groot geleentheid gereël, wat deur etlike eregaste, die bestuur en die bejaardes bygewoon is. “Dit klink na ‘n buitensporige bedrag wat ons ontvang het, maar ná die aankoop van die toerusting en veral die bussie, is die fondse bykans uitgeput,” sê Magrieta. “Ons volgende projek is nou ‘n motorhuis vir die bussie sodat dit nie buite moet staan nie en daarvoor het ons hulp nodig.” Magrieta bedank graag almal wat die funksie bygewoon het, maar veral ook vir Moira Opperman wat die jarelange aansoeke om Lotto-geld sonder ophou gedryf het. Magrieta het ook ingekom by die Golden Games se hindernisafdeling, Duck Walk, wat ‘n baie moeilike sportitem is. Haar suster, Annie Arends, het weer ingekom in die aantrekresies. Hulle sien nou uit na die tweede rondte van die spele en as hulle daar kwalifiseer, wag die Nasionale Goue Spele vir hulle.
Vir navrae rakende Silwerjare Dienssentrum en/of hulle motorhuis-projek, kan Magrieta Adams by 076-375-7108, of voormiddae by 028-384-2109, geskakel word.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.