R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die gewilde en bekende Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai het onlangs op Dinsdag, 12 Augustus 2014 hulle mondigwording gevier. Dit was sommer ‘n spoggerige geleentheid en is op luisterryke wyse met ‘n “ High Tea” gevier, met die Bietoubossers wat heel spoggerig aangetrek het om by dié geleentheid te pas.
Thalia van Indulge was vir die smaaklike en keurige verversings verantwoordelik. Enkele erelede, almal ouer as 80 jaar, waarvan ‘n paar ook by die stigting 21 jaar gelede betrokke was, was ook teenwoordig. Hulle is Beryl Pienaar, Betsie van der Merwe, Hannaleen van Dyk, Hettie Lass, Maria Bouwer, Pearly Lindholm, Shirley Fick en Sylva van Zyl.
“Betsie van der Merwe het ‘n ‘kadotjie’ opgesit wat sy 62 jr gelede met haar ‘going away’ gedra het,” vertel Elizma de Lange van die klub. Annette van Zyl, voorsitter vir die volle 21 jaar, sê die klub is op 3 Augustus 1993 met 20 De Kelders-lede gestig.
Aanvanklik het hulle sommer in ‘n huis bymekaargekom. Die klub het van krag tot krag gegroei en later het hulle in die destydse Barnhouse Grill vergader. Daarna was dit in die Birkenhead Boothengelklub se saal, nog later in die Pretoriussaal en die afgelope tyd in die Kleinsaaltjie. Tans is daar sowat 7 stigterslede wat nog oor is - almal bo 80 jaar. Ná sowat 18 jaar het hulle op aanvraag Perlemoenbaai-dames ingesluit en deesdae ook Gansbaai-dames.
“Tans is ons sowat 60 lede en ons is nie-kerkverband en nie-politiekverband nie en ons het geen verskuilde agenda nie - almal is welkom om aan te sluit en in ons aktiwiteite te deel,” sê Annette.
Vir Bietoubos-navrae kan Annette van Zyl by 028-384-1075 gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.