R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Kyk na die meegaande foto en glo, die snoek is hier! Moet nou nie ooropgewonde word nie want terwyl dit waar is is die vis nog skaars en kos dit ‘n gesukkel om genoeg gevang te kry. Bowendien is hulle ook nie van ‘n vreeslik hoogstaande gehalte nie, hoewel natuurlik glad nie te versmaai nie. So ‘n snoekie op die kole is ‘n móét as jy van hulle in die hande kan kry. Dit is nou die tyd om self water toe te gaan en jou geluk te beproef. Hoewel sommige bote (veral die wat kommersieel bedryf word) natuurlik kan vang soveel hulle wil, en bowendien die nodige kundigheid het daarvoor, is dit nogal ‘n storie vir die gewone boothengelaar om te weet wanneer, waar en hoe om hierdie uitsonderlike vis in die hande te kry. Maar, al vang jy net een, ek belowe jou, die ervaring alleen is die moeite werd.
Ons kan elke keer beskrywe hoe om ‘n snoek te braai en dit vingerleklekker op die braai doen, maar wat van klipvis? Reg gelees, klipvis. Lees gerus eers klaar en besluit dan.
Jare terug al is hierdie situasie aan my beskryf, maar omdat dit klipvis behels, het ek tot nou gewag. Snoek is mos skaars, so dink aan die volgende:
Jou kleinkinders wil gaan hengel, en om hulle te akkomodeer word elkeen ‘n ligte stokkie in die hand gestop en oupa en ouma sit saam af na die naaste poeletjie en vang met trots ‘n paar klipvissies. Nou word hierdie vissies weer teruggeplaas of huistoe geneem en met die vis in ‘n bak water geplaas, lewendig gehou om mee gespog te word. Dan word van hulle ontslae geraak -- tot die kinders se ergernis, klaar gespog. Gebruik daardie vissies eerder, sny die pensies uit, maar behou die koppe (hulle lyk darem groter). Neem so ‘n klompie van hulle, braai in diepvet, lekker bros en botterbruin. Plaas hulle nou in ‘n bord, om die rand gerangskik, sterte na binne, met ‘n slaaiblaar of twee aan die binnekant. Hier en daar ‘n stukkie suurlemoen. Laat die kleinkinders meedoen en sê dis húlle vis en húlle braai. Nooi ‘n paar mense om saam te geniet, dan praat ons weer!! Al probleem, oupa moet more al weer gaan visvang vir nog ‘n braai. Groete, Seemeeu
Opsomming SEPTEMBER 2000-2013
2000. Geen rekord. (Sept.)
2001. Snoek, hotties, baie haai. Roman, geelbek, pangas, witstompies.
2002. Baie silwervis.
2003. Geelbek, roman, hotties.
2004. Haaie, hotties, roman, geelbek, PW’s. *Sprake van tjokka.
2005. Baie snoek, geelbek.
2006. Geelbek, kabeljou, snoek, roman, elf.
2007. PW’s, ondermaat geelbekkies. Elf. Baie roman, 1 rooisteenbras (te klein)
2008. Geen rekord. (Sept.)
2009. Hotties, haai. (19 geelsterte by Kaappunt), hotties.
2010. Oulywe, roman, hotties, geelbekkies, klein kabeljoutjies (darem 1 van 9 kg.), mooi silwervis.
2011. Silwervis, hotties, roman. (Ander manne vang mooi kabeljou), PW’s, ondermaat rooisteenbrasse -- verloor 3 grotes, silwervis, hotties. *Ander bote vang snoek by Dassiegat.
2012. Hotties, snoek, silwervis, PW’s, roman, baie geelbek, snoek.
2013. Snoek, geelbek, roman, hotties, silwervis.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.