R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ek leef in vrees, veral snags, en het al ‘n groot hond ook aangeskaf en 5 sensorligte buite aangebring,” vertel Lynette van Wyk wat direk langs die ou Dorpskombuis in Dirkie Uysstraat woon. “Behalwe vir die spanning met die onwettige nagslapers in die gebou, begin dit nou in ‘n ernstige gesondheidskrisis ontwikkel.” Die meegaande foto van een van die vertrekke kan hiervan getuig. Daar is selfs ‘n panga, hamer, byl en etlike skroewedraaiers in die absolute vuil vertrek waar daar duidelik in geslaap word. Die res van die foto’s wat geneem is, is nie vir publikasie doeleindes geskik nie. Van die vertrekke, maar veral die een vertrek, se volledige vloer word as ‘n toilet gebruik. In nog ‘n vertrek staan plastiekemmers wat met uriene gevul is. Dit is ‘n gesig van haglikheid, vuilheid en onhigiëniese toestande wat die besoeker aan Dorpskombuis begroet. Lynette en haar buurman agter haar, Keeth Hobkark, is ook baie bekommerd oor die deurvloei van reënwater as gevolg van geen geute en afvoerpype, wat reeds skade tot gevolg gehad het. Sy het twee skrywes deur Gansbaai munisipaliteit ontvang waarin die eienaar/s verplig word om spesifieke opknappingswerk te laat doen. Die eerste skrywe (5 Maart 2014) het na ‘n inspeksie wat uitgevoer is, verwys en bepaalde aspekte wat dringende aandag moet geniet, is uitgewys. ‘n Tweede skrywe (20 Mei 2014) is uitgereik waarin die eienaar/s na die inhoud van die vorige skrywe verwys is, met verwysing na spesifieke wets-gedeeltes van die Nasionale Geboue Regulasies en Bou Standaarde (Wet 103 van 1977: deel 12(1)) wat uitgewys is. “Op 31 Julie vanjaar het die eienaar en sy twee seuns my besoek en homself as Hussein Royker voorgestel,” sê Lynette. “Hy het gesê dat hy die probleem wil oplos, maar of ek kwotasies vir hom sal inwin, wat ek op advies geweier het, aangesien ek nie betrokke wil raak nie.” Sy sê hy het daarna onderneem om self kwotasies te kry, maar dat hy haastig is om te ry vir besigheid in die Kaap. Sy het nog nie weer iets van hom gehoor nie. “Die byl, panga en ‘n ou dagboek het ek as my eiendom geïdentifiseer wat uit my motorhuis weggeraak het,” vertel Keeth. “Hulle het ook twee van my trapleertjies geneem om oor die muur te klim, vanwaar hulle steeds toegang deur die dak van Dorpskombuis verkry.”
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.