Oudste BBosser in Gansbaai

Oudste BBosser in Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 Baardskeerdersbos se oudste inwoner, Enna Groenewald (96), het op 16 Augustus vanjaar ‘n permanente inwoner van Huis Breda in De Kelders geword. “Behalwe vir die gewone probleempies, verkeer Tannie Ena nog in goeie gesondheid en kan spog met ‘n helder verstand,” vertel Eva Büchner van Huis Breda. “Sy het selfs by twee inwoners verbygestap wat met ‘n blokkiesraaisel geworstel het en toe sy hoor waar hulle vassteek, het sy die antwoord vir hulle gegee.”

Enna en haar tweelingsuster, wyle Henna Groenewald, is op 17 Junie 1918 te Baardskeerdersbos gebore en het hulle hele lewe daar gewoon. Wyle Henna is op 92-jarige ouderdom op 25 September 2010 oorlede en sedertdien is Enna die enigste oorlewende van ses kinders. Die tweeling is gereeld by verskeie geleenthede en funksies te Baardskeerdersbos betrek en was onder andere eregaste tydens die openingsfunksie van die Baarskeerdersbos se Gemeenskapsaal. Hulle het ook die waterkrane oopgedraai met die inwerkingstelling van Baardskeerdersbos se eerste kraanwater. Hulle vader, wyle Barend Groenewald, was ‘n ambagsman en ook Baardskeerdersbos se ystersmid.

In 2013 het Enna gesê sy verlang terug na haar kitaarspelery saam met haar pa wat altyd op die orreltjie gespeel het. Toe besluit sy op 95-jarige ouderdom dat sy graag weer kitaar wil speel en Carel van der Merwe van B’Bos het van Gansbaai Courant gebruik gemaak om vir haar ‘n tweedehandse kitaar in die hande te kry. “Ek is dankbaar vir die groot mate van gesondheid waarin ek verkeer en ek beskou myself as ‘n ‘Loslappie’ in die Tehuis,” sê sy, terwyl sy heerlik lag waar sy rustig in die sonnetjie sit. 

Hardus Botha

Oudste BBosser in Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.