Word S L I M met AfriForum se splinternuwe onderwysvideoveldtog

Word S L I M met AfriForum se splinternuwe onderwysvideoveldtog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

AfriForum se langverwagte videoveldtog vir die bevordering van moedertaalonderrig is verlede Donderdag by die Atterbury-teater in Lynnwood, Pretoria met groot opgewondenheid van stapel gestuur. Dié veldtog het ten doel om leerlinge en voornemende studente aan te moedig om in hul moedertaal te studeer, en fokus veral op Afrikaans, omdat die voortbestaan van Afrikaans as hoëfunksietaal vir AfriForum van kernbelang is. AfriForum wil egter ook klem lê daarop dat álle leerlinge en studente sover moontlik die voorreg moet hê om in hulle moedertaal te kan studeer.

“Ons wil met dié veldtog 'n sterk visuele boodskap oordra. In die video, vervaardig deur Elrich Yssel, moedig suksesvolle Suid-Afrikaners, wat kundiges in verskillende beroepsvelde en voorstaanders van onderrig in Afrikaans is, jongmense aan om in hul moedertaal te studeer. Ons gaan seker maak hierdie boodskap bereik jongmense landwyd deur middel van sosiale media soos Facebook, YouTube en AfriForum se webwerf. Ons doen 'n beroep op skoolkinders en studente om die video oral op sosiale media en selfs via e-pos te deel met vriende. Die boodskap moet versprei soos 'n veldbrand, het Carien Bloem, die hoof van AfriForum se onderwysveldtogte gesê.

In die video vertel onder andere die bekroonde Afrikaanse skrywer, Deon Meyer, radio-persoonlikheid, Pulane Sekepe, akteur en musikant, John-Henry Opperman, filmvervaardiger Sallas de Jager asook Amanda Mynhardt, Proteas-netbalspeler watter positiewe impak hul opvoeding in Afrikaans op hul loopbane gehad het.   

“Jy’t 'n beter kans om in Afrikaans gepubliseer te word as in enige ander taal. Die lesers is honger vir lekker, goeie tekste, en om in Afrikaans te publiseer beteken nie dat jy as skrywer nie internasionale erkenning gaan geniet nie. Gaan leer in Afrikaans, anders is dit 'n kwessie van slim vang sy baas,” sê Meyer in dié lekkerkykvideo.

Klik hier om die video te kyk en deel hom oral en met almal!

https://www.youtube.com/watch?

v=zM6M19qmivA&feature=youtu.be

Word S L I M met AfriForum se splinternuwe onderwysvideoveldtog

Carien Bloem

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.