R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
So kook mens
Skrywer: Hannetjie Joubert
Prys: R274.95
ISBN: 978-0-7993-6821-5
Met hedendaagse werksdruk en lang ure is daar ’n groot behoefte om bekostigbare kos voor te berei met min moeite. So kook mens is gebaseer op die beginsel van kettingkook. Kettingkook behels dat jy meer as een porsie kos voorberei en dan bevries vir latere gebruik – hierdie porsies kan dan later omgetower word in ’n heel ander vorm en voorkoms. Verskeie variasieresepte sorg dat alledaagse kosmaak ’n avontuur is, die mikrogolf jou beste vriend word en die vrieskas ’n getroue huismaat.
Kook en geniet was destyds ’n unieke boek, want dit het aangeneem mense weet nie wat om in die kombuis te doen nie; mense het daardie boek gekoop om soos ma te leer kook. Só kook mens se aanslag is anders, die stappe word ook presies verduidelik, maar hier word gepraat met moderne, werkende mense wat min tyd het en die behoefte aan goeie restaurantkos, maar die begroting van ’n gewone mens.
Só kook mens is iets wat alle jong werkende mense in hulle kombuise moet hê – heelwat middeljariges sal ook veel hierby baat.
Hannatjie Joubert is ’n bekende in kosmaakkringe. Sy is in die jare negentig as die Vleisraad se Braaikoningin gekroon, die eerste vrou wat hierdie gesogte prys gewen het, en het daarna in etlike braaikompetisies die mans laat rook eet. Sy bestuur tans haar eie restaurant en spyseniersbesigheid waarvandaan sy ook ’n bekende kookskool, Haniki’s Blumin Good Food, bedryf. Haar vorige boek, Bottel en gebruik, was uiters gewild.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.