R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
'n Unieke projek gemik op Afrikaanssprekende skoolleerders is op Taaldag (14 Augustus) by 'n funksie ter viering van 100 jaar van Afrikaans as skooltaal bekendgestel. Tydens die geleentheid is 'n omvattende geskiedenis, wat as 'n tandaardwerk oor Afrikaans beskou word, vrygestel. Die boek getiteld, “Ons gaan 'n taal maak”: Afrikaans sedert die Patriot-jare is geskryf deur die taalhistorikus, prof. Jaap Steyn, en uitgegee deur die uitgewersmaatskappy van die Solidariteit Beweging, Kraal Uitgewers.
Die projek, “Afrikaans – my TROTS!”, is daarop gemik om die jeug se positiewe boodskappe oor Afrikaans te versamel. “Die viering van 100 jaar van Afrikaans as skooltaal is 'n merkwaardige mylpaal vir die taal. Die harde werk van prominente taalmense, soos C.J. Langenhoven, het die vestiging van Afrikaans in skole moontlik gemaak. Dit is egter noodsaaklik dat daar vandag steeds gewerk moet word aan die bewaring van Afrikaans in skole,” verduidelik Ilze Nieuwoudt, publikasie-bestuurder vir Kraal Uitgewers, wat die projek aanpak.
Volgens Nieuwoudt hoop Kraal om die 100 mees inspirerende boodskappe van skoliere in die vorm van 'n tydkapsule vir die nageslag te bewaar. Die insameling van positiewe boodskappe oor Afrikaans uit die monde van jongmense wat lief is vir die taal sal Afrikaans as taal van die toekoms help vestig. “Afrikaans is nie net die droomtaal van Langenhoven, Totius en Preller nie; dit is 'n lewende taal van dinamiese jongmense van vandag. Deur ʼn liefde vir Afrikaans by ons jeug te kweek, neem ons reeds 'n broodnodige stap in die rigting om Afrikaans vir die volgende generasie te bewaar,” meen Nieuwoudt.
Kraal Uitgewers nooi skoolleerders uit om hul boodskappe oor Afrikaans in te skryf. Die mees inspirerende boodskap sal aan die einde van die projek aangewys word en die wenner sal 'n boekegeskenkpak van Kraal Uitgewers ter waarde van R1 000 ontvang. Vir meer inligting besoek www.kraaluitgewers.co.za.
Hoe neem ek deel?
Wat moet die boodskap bevat?
1. Stel jouself bekend. Sluit jou naam, van, ouderdom, naam van jou skool en jou graad in, byvoorbeeld: “My naam is Katinka Heyns. Ek is 15 jaar oud en in graad 9 by die Hoërskool Vredefort.”
2. Neem dan jou boodskap oor Afrikaans op. Wat maak jou opgewonde oor die taal? Wat doen jy alles in Afrikaans? Hoekom is jy lief vir Afrikaans?
Belangrike datums
Boodskappe moet ons asseblief nie later nie as 10 September 2014 bereik. Die wenner sal op 17 September aangekondig word, waarna dié video, en 99 ander video’s, op Erfenisdag (24 September 2014) vir bewaring oorhandig word.
Ilze Nieuwoudt
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.