R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die burgerregte-organisasie AfriForum is bereid om die regskostes van skole met 'n Christelike etos te dra. Dié aanbod deur AfriForum volg nadat die voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie, Hans Pietersen, 'n hofaansoek ingedien het om ses skole, onder meer, te verbied om hulleself Christen-skole te noem.
Volgens Carien Bloem, hoof van AfriForum se onderwysveldtogte, vind die organisasie dit onaanvaarbaar dat teengodsdiensfundamentaliste nou skole viktimiseer in 'n poging om kinders te dwing om nie hulle godsdiens te beoefen nie.
Bloem meen verder dat dit ironies is dat die teengodsdiensfundamentaliste daarop aanspraak maak dat hulle nie kinders onder dwang aan skoolgodsdiens wil blootstel nie, maar nou self hulle teengodsdienstige siening op alle skole wil afdwing.
“Die teengodsdiensfundamentaliste se benadering is skerp in teenstelling met die godsdiensbeleid wat reeds in skole gevolg word, wat behels dat geen leerder gedwing word om aan skolegodsdiens deel te neem nie,” het Bloem bygevoeg.
Carien Bloem
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.