BYLMOORDENAARS SWAAR GESTRAF

BYLMOORDENAARS SWAAR GESTRAF

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Die gruwelike wyse waarop julle 'n slapende man doodgekap en jong kinders, wat ontvanklik is vir indrukke, daaraan blootgestel het, asook die moontlike gevolge op hul latere lewens, vul my met walging en afgryse," het Streekslanddros Franselien Mouton Maandag in die Strandse Streekshof tydens vonnisoplegging gesê.

Johan Julies (35) en sy houvrou, Mariaan Nobles (33) wat op 8 Augustus skuldig bevind is aan die bylmoord op Jan "Nugget" Otto (46) op 21 Februarie 2011, is Maandag swaar gestraf.

Mouton het bevind dat Dolus directus hier geld wat beteken dat hy die direkte bedoeling gehad het om Otto dood te kap. "Ek sien ook geen berou by een van julle twee nie," het Mouton gesê. Sy het daarna aan Julies gevangenisstraf van 18 jaar vir moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede, waarvan 7 jaar samelopend sal wees, opgelê. Julies is dus effektief vir 25 jaar sonder parool tronk toe gestuur.

Mariaan Nobles is 15 jaar tronkstraf vir moord en 10 jaar vir roof met verswarende omstandighede opgelê waarvan 7 samelopend is. Sy sal dus effektief 18 jaar tronkstraf uitdien.  Julies en Nobles het hul vonnisse emosieloos aangehoor.

Mouton het in haar uitspraak lof gehad vir Spr Kapt Danie Rautenbach en sy span wat ten spyte van min forensiese bewyse moes steun op goeie speurwerk. "Dit was duidelik dat elke leidraad opgevolg is en geen steen onaangeraak gelaat is nie," het Mouton gesê. Ook die staatsaanklaer, Harold Engelbrecht, het hom uitstekend van sy taak gekwyt ten spyte van die feit dat hy eers laat by die saak betrek is. Hy moes gevolglik 2500 bladsye transkripsie en bewysstukke deurwerk om die saak so suksesvol te kon aankla.

Wyle Nugget se vrou, Tania, wat tans in Langebaan woon het na afloop van die uitspraak gesê sy is dankbaar dat die saak so suksesvol afgehandel is. "Ek is verlig en tevrede dat hulle so swaar gestraf is, al sal dit nie vir Nugget kan terugbring nie."

Nugget wat die vorige aand as skipper van die Wildegans 2 getrawl het, het nog geslaap terwyl Tania reeds gaan werk het. Die moordenaars het met 4 kinders, waarvan die oudste 7 jaar was, die huis betree. Julies het Nugget, wat steeds geslaap het, met twee massiewe bylhoue in die kop geslaan waarna hulle die moordtoneel opgeruim en juweliersware, selfone en 'n kamera gesteel het. Hulle het dit dae later kamstig in die herwinbare rommel by die stortingsterrein "gevind".

Landdros Mouton het gesê dat die twee deurgaans baie vernuftig was en dat sy nog nooit 'n saak aangehoor het waar daar soveel same-swering en verdagmaking was nie. Sy het verder ook gesê dat kinders verskanste regte het en dat die hof 'n plig het om hulle en die gemeenskap te beskerm. Dit is in die openbare belang dat daar gesien moet word dat die hof in dié verband ferm optree.    Francois de Jongh

BYLMOORDENAARS SWAAR GESTRAF

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.