R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Reik na Herstel Borskanker-Ondersteunings Organisasie is op ‘n pad van vernuwing. Die afgelope paar maande was ‘n oorgangstydperk met ongelooflike vordering, wat gedurende Oktober die hoogtepunt bereik wanneer ons die organisasie se nuwe voorkoms en logo bekend stel.
Ons ou logo – die figuur van ‘n vrou wat uitreik met haar hande – was vir baie jare die logo van ons organisasie. Dit was nodig om die logo te herontwerp om te verseker dat dit nie na ‘n spesifieke geslag verwys nie, aangesien mans ook toenemend, soos vroue, borskanker kry.
‘n Nuwe reis begin – ons nuwe logo, ‘n blomknop met die voorstelling van ‘n menslike figuur wat uitreik in triomf, is ontwerp deur Gregory Leigh Booysen, ‘n student aan die “AAA School of Advertising”
Reik na Herstel (Reach for Recovery) is in 1953 deur ‘n mastektomie pasiënt, Teresa Lasser in die VSA gestig. SA was een van die eerste lande wat ‘n soortgelyke program gevestig het. Die organisasie is geaffilieer by “Reach to Recovery International” (RRI).
Ons glo dat alle kanker pasiënte regte het, insluitende die reg tot billike en kwaliteitsorg. Reik na Herstel het daarom aangesluit by die “Cancer Alliance” en die “Advocacy for Breast Cancer Group” om te verseker dat ons stemme gehoor word en dat ons ‘n rolspeel in kankerbeheer in Suid-Afrika.
Reik na Herstel is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) en ‘n organisasie vir Publieke Voor-deel (PBO). ‘n Omvattende nie-mediese ondersteunings-program word aangebied deur opgeleide Vrywilligers.
Die diens word gratis aangebied, en hulle ontvang geen staats hulp nie. Borskanker-oorwinnaars maak op ‘n unieke manier kontak met nuut gediagnoseerde pasiënte op versoek. Ons missie is om emosionele sorg en praktiese ondersteuning te bied aan persone wat deur borskanker geraak word.
DITTO PROJEK - Dit is ‘n gesubsidieerde borsprostese-diens. Ons wil graag elke vrou wat ‘n mastektomie ondergaan het, en nie ‘n prostese kan bekostig nie, ondersteun om toegang tot ‘n silikon-prostese te verkry. Die afgelope jaar het 5 oorwinnaars in ons omgewing baat gevind by ons projek. Indien u belangstel om van die diens gebruik te maak om weer meer volledig vrou te voel, kontak ons gerus. Verlede jaar was dit die eerste Pretstap by Franskraal ten bate van Reik na Herstel. Op versoek van die deelnemers, hou ons dit weer hierdie jaar. Om koste te bespaar, bring asseblief u eie water saam om tydens die stap te drink.
REIK NA HERSTEL PRETSTAP 16 OKT FRANSKRAAL KUS WANDELPAD
Tyd: 07:30 - 08:00 Inskrywings by beginpunt, parkeerarea, Franskraal. 08:00 Begin van Pretstap, kuslangs op die wandelpad, om Blousloep en terug.
Koste: R10 per persoon, betaalbaar by inskrywings.
Gelukkige Prystrekkings: Na die stap.
Kontaknommers vir meer inligting: 072 523 0650 Annaleen Genade of 071 543 0904 Andriette Bruwer.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.