R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gewoonlik word nuwe boeke een-een uitgegee. Carine Badenhorst, rubriekskrywer vir Gansbaai Courant vir die afgelope vier jaar, het dit anders gedoen. Sy het vier nuwe boeke gelyktydig die lig laat sien.
Carine is ‘n Overberger van geboorte, met ‘n bloedlyn van skrywers, onder wie Dr Con Viljee, Audrey (Swart) Blignaut en skrywer/dramaturg S.D Fourie. Haar oom Jurie Jordaan was ‘n president van die Afrikaanse Kultuurbond ( nou ATKV) en vurige kampvegter en medewerker tydens die totstandkoming en oprigting van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.
Sy het, op aandrang van haar skoolhoof, reeds in Graad Nege ‘n buite-muurse kursus in Joer-nalistieke Skryf en die Skryf van Kortverhale suksesvol afgelê. Sy het egter eers in erns begin skryf toe hulle twintig jaar gelede op Kleinbaai kom woon het, as mede-werker vir Gansbaai Herald, Overberg Tribu-ne en Gansbaai Courant.
In die Voorwoord van haar boeke, skryf Carol Williams “Haar skryf-styl herinner sterk aan dié van Dr Con en Audrey. Soos haar voorsate, konsentreer hierdie talentvolle skrywer merendeels op essays en pensketse in ‘n heerlike geselstrant wat die leser deelmaak van haar wêreld.”
Carine is met ‘n beskeidenheid trots daarop dat sy al die boekies eiehandig drukgereed gemaaak het, dit is Bladuitleg en inhoudsopgawe, taalversorging en proeflees en buitebladontwerpe gedoen het. Dit was ‘n splinternuwe terrein om te verken, maar nuuskierigheid en die feit dat “ek kan nie” nie vir haar bestaan nie, het uiteindelik, na amper ‘n jaar se harde en geduldige werk, vrugte afgewerp. ‘n Verdere pluimpie is dat die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Fakulteit Opvoedkunde dit aangekoop het vir hulle Departement Afrikaans.
Suikerbrood en Suurvye handel hoofsaaklik oor aktuele sake.
Poppe langs die Pad is merendeels jeugherinneringe en meer spesifiek die sosiaal-morele waardes waarmee sy opgevoed is. Die teikenmark is dan ook die jeug.
Pêrels en Kristal en ander juweeltjies spreek die romantiek van die lewe aan, waarvan romantiese liefde maar net een aspek is.
In Kindertjies en Katjies skryf sy heelwat oor die kleiner formaat plesiertjies en hakskeenbytertjies van die lewe.
Die boeke is verkrygbaar by Gansbaai Book Exchange, op die internet boekwinkels van www.groep7.co.za en sal baie binnekort ook op www.graffitiboeke.co.za en as e-boeke beskikbaar wees.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.