De Kleine Gansies Gholf- en Familiedag

De Kleine Gansies Gholf- en Familiedag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Gholf– en Familiedag wat deur De Kleine Gansies Kleuterskool op Saterdag, 20 September 2014 te Gansbaai Gholfklub in Kleinbaai aangebied is, word allerweë as ‘n reuse sukses beskryf, met Dr Righardt van Huyssteen as hoofborg. Die dag se opbrengs was ten bate van die kleuterskool. Die gholfers, 72 inskrywings, se dag is as ‘n groot sukses beskryf, met groot pryse wat gewen is. Die wenners was Solly Wessels & El Matthee (49), J van Huyssteen & F Venter (49), J Nell & G Hunt (48) en René Lambrecht & Steve Muller (48).

Die prestige Damesoggend, geborg deur Gansbaai OK Foods, was ‘n lus vir die oog. ‘n Ligte ontbyt plus ‘n middagete was ingesluit en die groot groep dames het die oggend terdeë geniet. Corra Helberg van Corra’s met haar mode-uitrustings is professioneel deur Gansbaai se eie modelle vertoon. Minette Maree het gesorg vir interessante variasies van hoe dieselfde uitrusting afgewissel kan word.

Die volgende Gansbaai modelle (alfabeties) het hul uitstekend van hul taak gekwyt: Alida Calitz, Angelique van der Berg, Annemien van der Merwe, Jackie Lombaard, Marietjie Gerber en Stella Swart. Die Damesoggend is verder opgekikker met Lizette Janse van Rensburg se sang en aanbieding, met die tema: “Toe bars my ‘bubble’, hoe gaan ek ooit weer vonkel?”

Vir die kinders is daar meer as voldoende voorsiening gemaak met ‘n springkasteel, sakresies en ander speletjies, met Supreme Sharks as hoofborg. Die laatmiddagete, ‘n spitbraai en wegneemetes, was vanuit die boonste rakke.

De Kleine Gansies se Bestuur rig die volgende bedankings: Dr Righardt van Huyssteen (Hoofborg: Gholfdag); Gansbaai OK Foods (Hoofborg: Damesoggend); Supreme  Sharks (Hoofborg: Kiddies Daycare); Marius Jacobs Finansiële Dienste (Borg: Advertensies); Corra Helberg van Corra's (Borg: Mode-uitrustings).

Die res van die borge (alfabeties) is: Annev Construction Cc, Arabella Hotel and Spa, BM Ford Bredasdorp, Bon Courage Robertson, Buitesteen Restaurant, Chantelle Gericke, Deidre Scholtz, Dr J Bosman, Elna Caravias, Elsa Bekker, Flippie Groenewald van De Uiljenes (Warmgat-borg), Gansbaai Courant, Gansbaai Gholfklub (Gedeeltelike borgskap), Gansbaai Marine, Gansbaai Superspar, Gerhard de Wet Strandveld Slaghuis, H Pratt, Japie Swart, Jimmy Rockets, Johan van Dyk, Kontrei Printing Caledon, Lekkerbek, Liezl Prinsloo, Liqourland, Marine Dynamics, Mulligans Guesthouse Hermanus, Oom Kallie Strandveld Pub, Oom Piet Gastehuis (Natgat-borg), Overberg Agri Stanford, Raka Wyne, Romansbaai Abalone Farm, Serona’s, Sharkdiving Unlimited, Solyx Films, Studio Jo Signs, The Boathouse Restaurant, Tolbos Restaurant, Tot Fourie, W Germishuys, White Shark Projects en Wooden Leg Elephant Guesthouse Kleinmond.

Gansbaai Gholfklub te Kleinbaai, in die persone van Jannie Brandt en Bev Swart, word spesiaal bedank vir die fasiliteite, advies en ondersteuning. ‘n Spesiale dankie aan die personeel van Oom Piet Gastehuis vir die maak van slaaie en hotdogs. Dan ook aan Ilse Kloppers en haar knap span in die kombuis, kleuters, onderwysers, ouers en die bestuur.

Met die sukses van De Kleine Gansies se Gholfdag verdien Madelein Swart (Hooforganiseerder) en haar span sonder twyfel ‘n besonderse pluimpie. Lesers kan nou reeds kennis neem dat hierdie ‘n jaarlikse instelling gaan word.

Hardus Botha

De Kleine Gansies Gholf- en Familiedag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.