R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Niks vreesliks nuus op die hengelfront nie. Ook die bote vaar nie baie goed nie en dus moet die ouens maar dankbaar wees vir die gewone -- hotties (aan die kleinerige kant), silwervis en rooivis -- die romanne en PW’s is darem ‘n skaflike grootte.
Ideale tyd om te wys op ‘n paar tegnieke wat meestal ‘n verskil aan ‘n man se vangs kan beteken. Goed soos -- word die aas reg aangesit? Dit kan nogal ‘n verskil maak indien jou aas nie te groot vir die hoek is nie en of die punt van die hoek uitsteek. Ons praat nou nie van goed soos mosselkraker en steenbras nie. Die ou wat vandag kan baatvind is meerendeel die boothengelaar wat so saam met die manne vir die “gewone” vis probeer. Daar is nog ‘n duisternis ander goed wat toegepas kan word en ek gaan net ‘n paar noem.
Probeer met twee lyne vang maar verander die opmaak daarvan. Somtyds verkies die vis dat die lood onder hang en die twee stroppe hoër op vasgemaak word (soos daar normaalweg van die wal af gehengel word). Die ander lyn kan dan opgemaak word deur ‘n tousinker te gebruik. Die twee hoeke hang dan óf langs mekaar óf die een effens onder die ander. Kyk dan watter styl die vis verkies en hengel so.
Baie maal moet die aas beweeg word om die vis nader te lok en deur na jou medehengelaars op te let sal jy gou agterkom of die vis skelm byt en dit weer kan jou keuse van hoeke beinvloed. Ook die dikte van jou lyn kan ‘n verskil maak. Probeer in alle gevalle die lyn so lig moontlik hou. ‘n Verskeidenheid van ase sal beslis help.
Kom ons kyk watter vis die laaste jare in Oktobermaand gevang is en hoe dit vergelyk met vangste sover.
Opsomming OKTOBER 1999-2013
1999. PW’s, roman, tjokka, kreef, kolsterte.
2000. Baie kreef, mooi romanne. Snoek, elf, witstompies, PW’s.
2001. Baie geelbek, snoek, hotties, haai. Roman.
2002. Haai, silwervis, pangas, geelbekkies, roman, hotties, silwervis.
2003. PW’s, roman, hotties.
2004. Baie geelbek. Oulywe, roman, haai, silwervis, 1 rooisteenbras!
2005. Geelbek, hotties, roman
2006. Roman, 1 rooisteenbras! (ondermaat), pangas, hotties.
2007. Roman, hotties.
2008. Geelbek, hotties, roman, silwervis.
2009. Hotties, PW’s (1 van 2, 64 kg.), haai, klein snoekies, geelbekkies. *(Hotties by Quinpoint).
2010. Hotties, geelbek, 1 rooisteenbras (ondermaat), PW, roman, kabeljou.
2011. Roman, hotties.
2012. Geelbek, roman, baie hotties, silwervis.
2013. Hotties, silwervis, roman, PW, haai, geelbek, snoekies.
Geniet die see, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.