Stortinsterrein Lig in die tonnel

Stortinsterrein Lig in die tonnel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Uiteindelik is daar lig in die tonnel. Daar word tans ‘n huurooreenkoms tussen Overberg Distriksmunisipaliteit en Overstrand Munisipaliteit onderhandel waarvolgens Overstrand Munisipaliteit ‘n nuwe sel by Karwyderskraal sal bou en die terrein sal op eie koste bestuur word,” sê Johan van Taak, Bestuurder: Vaste Afval. “Die tender-proses is reeds voltooi, ‘n kontrakteur is aangestel en Karwyderskraal sal weer teen April 2015 operasioneel wees.” Overstrand Munisipaliteit sal die nuwe sel bestuur totdat die kapasiteit ten volle benut is, waarna die Overberg Distriksmunisipaliteit weer die toesig sal oorneem. Gansbaai Courant het etlike briewe van besorgde inwoners oor die stand van sake met Gansbaai se stortingsterrein ontvang. Deel van die navrae was ook oor AfriForum se vullisterrein-oudit. ‘n Sertifikaat van waardering is aan Overstrand Munisipaliteit met betrekking tot Karwyderskraal oorhandig. “Ten tye van die oorhandiging van die sertifikaat het die Overstrand Munisipaliteit versoek dat die rol wat die Overberg Distriksmunisipaliteit vervul, erken moet word in die persverklaring wat deur AfriForum uitgereik sou word. Karwyderskraal is gesluit vir huishoudelike vullis, maar ontvang steeds tuinafval en bourommel. Dit word steeds deur die Overberg Distriksmunisipaliteit bestuur en bedryf in ooreenstemming met die lisensievoorwaardes, met die Overstrand Munisipaliteit as die grootste kliënt.” Met die tydelike sluiting van Karwyderskraal in Desember 2011, moes daar vinnige planne beraam word om Overstrand Munisipaliteit se vullis na ‘n wettige stortingsterrein te herlei. Kleinmond en Hermanus se vullis, wat altyd na Karwyderskraal vervoer is, moes na Gansbaai se stortingsterrein geneem word. In die middel van ‘n boekjaar moes daar berekenings gemaak word en ook met Enviroserv (kontakteur vir die vervoer van Overstrand se vaste afval) onderhandel word, aangesien die vervoer-afstande drasties vergroot het. "Al die vaste afval moes na Gansbaai se stortingsterrein vervoer word, wat wel oor ‘n wettige permit beskik het om al die vullis te kon akkommodeer," het Johan gesê. “As gevolg van die groot hoeveelheid vullis wat na Gansbaai vervoer is, moes daar nog selle gebou word, wat verder tot ekstra kostes bygedra het. Die omwenteling was nie alleen ongerieflik vir sommige inwoners van Gansbaai nie, maar die smal pad tussen Hermanus en Gansbaai het die vervoer van die vullis bemoeilik en opeenhoping van verkeer veroorsaak.” Enviroserv het drie trokke wat drie keer per dag vullis vanaf Kleinmond en Hermanus na Gansbaai aanry. Op die vraag hoe lank Gansbaai se stortingsterrein nog geskik vir gebruik sal wees, het Johan gesê minstens 18+ jaar, indien slegs Gansbaai en Stanford se vullis daar gestort word.  

Hardus Botha

Stortinsterrein Lig in die tonnel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.