R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
So 'n paar romanne, heelwat hotties en ‘n paar skaflike silwervisse. O ja, dan het iemand ook ‘n ligte geelstertjie gevang. Oor dit alles kan jy nie kla nie en as daar iets is om op die rooster te sit, help dit nogal. Meeste van die bote se vangs het uit die boonste visse bestaan (behalwe vir die geelstert, indien wel, is dit hoogs geheim!).
Hoewel ons elke keer as die weer verander dink dat die snoek wel sal opdaag, dink ek dis nou neusie verby. Kort-kort wanneer jou lyne afgehap word en daar bly ‘n hoek in die slag is dit tog so dat jy met hernieude ywer die water bekyk en “net ingeval” weer die snoekgereedskap probeer.
‘n Beter hoop sal wees om vir die kabeljou uit te kyk. Seker bietjie vroeg nog maar binne ‘n maand of so sal dit nie so snaaks wees indien die water effens verkleur en hierdie manne begin uitdop nie. Die afgelope jaar het die gewone patroon nie gevolg nie toe die vis van die kant af padgegee het en veronderstel was om in dieper water op te duik. Ook die geeelbek was baie skaars en slegs ‘n paar is sporadies gevang. So als en als was daar nie veel om oor te juig nie.Al wat mens in hierdie verband voor kan hoop is om positief te bly, die regte aas vir die regte vis te gebruik en te gaan lê met die boot waar jy vantevore hierdie manne opgetel het. Stel jou net voor indien een van die groter visse jou aas vat en laat waai! Dit ís mos moontlik en dit kan gebeur. Dit help nie altyd om vir die ander man te wag om die vis raak te loop nie. Dit gebeur so baie dat teen die tyd dat jy ook op die regte plek is, die vis al klaar vort is. Geniet liewer die dag, sorg dat jou hengelgereedskap in orde is en kry jou aas in die water. Môre, oormôre is dit jou beurt om aan te kondig “die vis is hier!”
Onthou
Galjoen, oop vanaf 1ste dag van Februarie tot einde, 14 Oktober.
Rooisteenbras vangs verbode.
Elf - Toe-seisoen - 1 Oktober tot 30 November, van dieselfde jaar.
Tjokka het 3 toe-seisoene. Vanaf 19 Maart tot 9 April, vanaf 23 Julie tot 13 Augustus en vanaf 19 Oktober tot 23 November, almal in dieselfde jaar.
Groete, Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.