R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
'n Jong man is Saterdagaand om 20:30 deur drie mans oorval en wreed vermoor. Winston Wardt (20) van Kappertjiestraat, Blompark, en 'n vriend is deur twee mans naby die speelpark voorgekeer en gekoggel. 'n Woordewisseling het gevolg.
'n Ouer man, wat daar naby bly, het homself daarby betrek waarop Wardt en sy vriend met klippe bestook is. "Ons het weggehardloop, maar 'n klip het vir Winston agter die kop getref. Hy het geval en die mans het nader gestorm en die ouer man het vir Wardt met 'n baie lang mes tussen sy nek en skouer gesteek. Hy het hom daarna geskop. Volgens ooggetuies het nog een van die aanvallers vir Wardt in die rug en been gesteek. Ook hy het die slagoffer geskop. Omstanders het inbeweeg en die aanvallers met klippe bestook waarop hulle die hasepad gekies het.
Die polisie was gou op die toneel, maar Winston het reeds in sy vriend, wat ook in die arm gesteek is, se arms gesterf. Die toneel is afgesper met lint, maar die omstanders was oproerig en het dit verskeie kere afgeruk. Volgens die ondersoekbeampte, Sers Leon Crafford, het 'n man met 'n mes in die afgekordonde gebied ingehardloop.
Twee omstanders het hom vasgegryp en Konst Meyer het nader beweeg om die mes af te neem. Meyer is vervolgens in die arm gesteek en die man het tussen die omstanders verdwyn.
Corné Beukes (21) is kort daarna vir die voorval op Meyer gearresteer. Die identiteit van Wardt se moordenaar het kort daarna aan die oproeriges bekend geword en hulle het na sy huis, 'n 100 meter daarvandaan, opgeruk en wraak gesweer. Die polisie was egter reeds daar om die verdagte, Arthur Koppies (48) te arresteer. Lt Afrika en Konst Meyer het by die beskuldigde se voordeur gestaan om die mense weg te hou. Hulle was egter steeds baie oproerig.
Johanna Robertson, 'n familielid van Wardt het toe na bewering vir beide Afrika en Meyer in die gesig geslaan. "Sy is met traangas gespuit maar het ten spyte daarvan 'n klip opgetel en vir Konst Meyer op die mond gegooi," het 'n ooggetuie gesê. Robertson is vir aanranding gearresteer. Inwoners het gesê dat die taalgebruik uiters kru was en dit terwyl die oorledene nog op die toneel gelê het. "Ons is geskok in die mense," is daar onder andere gesê. Daar word ook beweer dat alkohol en dagga 'n bydraende faktor tot die oproer was.
"Ek was geskok oor die omstanders se optrede. Die polisie is daar om 'n moord op te los en hulle word aangeval en beledig. Ek het in my 16 jaar polisie-ervaring nog nooit so iets beleef nie," het Sers Crafford gesê. Die groep het eers kalm geraak nadat Forensies die liggaam verwyder het. Hulle was vroeër reeds daar, maar het weens die oproerigheid onttrek.
Winston se ma, Wilhelmina, en pa, Jakobus, is diep geskok en sukkel om sy moord te verwerk. "Dit is swaar dat hy so gesterf het, as hy nog siek was sou ons dit miskien nog kon verwerk, maar as ek my oë toemaak, sien ek die gat in sy nek," het Wilhelmina gebroke gesê.
Twee verdagtes se identiteit is onbekend maar die ondersoek duur voort. Koppies het reeds in die hof verskyn en word aangehou op 'n klag van moord.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.