Asgate wolf wolf storie

Asgate wolf wolf storie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Advertensie verlede Donderdag in Die Burger, en wat ook in hierdie uitgawe van Gansbaai Courant verskyn, is verkeerd gelees en geïnterpreteer. Dit het tot 'n klein oorlog met dreigemente van petisies in die sosiale media gelei.

Volgens die talle telefoonoproepe wat die Courant ontvang het, was dit duidelik dat die wolf tussen die ganse was. Die berig, “Stortingsterrein - Lig in tonnel” (Gansbaai Courant, Donderdag, 9 Oktober 2014), is op dieselfde dag as die advertensie gepubliseer, wat meegebring het dat die inhoud van die advertensie nie tot die Courant se beskikking was nie. Die klagte dat die stortingsterrein vergroot gaan word om Hermanus en Kleinmond se vullis te stort, was glad nie wat geadverteer is nie. Die advertensie het verwys na 'n ondersoek om die groen buffergebied tussen die huidige stortingsterrein van 800m tot 200m te verklein om voorsiening te maak vir verdere uitbreiding van Masakhane se woongebied. Voorheen het die permitbepalings vir die uitbreiding van die stortingsterrein bepaal dat 'n "geen ontwikkelings-buffersone" van 800m sou geld. DDA Omgewings Ingenieurs het pas hul lugkwaliteit inpakstudie en buffersone ondersoek afgehandel. Dit het getoon dat 'n buffersone van 200m gepas sou wees. Die voorstel lê nou ter insae by Gansbaai Biblioteek vir openbare deelname. "Overstrand Munisipaliteit is nie van plan om die plaaslike stortingsterrein te vergroot nie en Karwyderskraal se stortingsterrein sal Hermanus en Kleinmond vanaf April 2015 bedien," het Charl Cilliers gesê. “Lede van die publiek is welkom om geskrewe kommentaar aan Nosipho Mbunje, Withers Environmental Consultants, Posbus 6118, Uniedal, 7612 te pos, of e-pos dit aan info@withersenviro.co.za. Kontaknommers is 021-887-4000 of 021-883-2952.” Die sluitingsdatum is verleng na 26 November 2014.

 Francois de Jongh

Asgate wolf wolf storie

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.