R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees. ”Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van GOD nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan GOD die eer gegee.” (Rom 4:18-20)
Die dag as jy hoop opgegee het, is alles verby. As jy niks het om na uit te sien en glad nie meer hoop vir die toekoms oorhet nie, is jy dood. Ons kan baie by die plaaslike vissermanne leer oor Christelike hoop. Dis mos baie beter om met hoop te hengel as om vis te vang, is dit nie? Elke keer wat ’n visserman ’n trae byt kry raak hy optimisties. Vra net vir ’n visserman of hy al iets gevang het en hy sal jou gou antwoord: “Wag net ’n bietjie! Ek dink ek voel iets!” As die lyn dan slap word sê hy: “Toemaar, hy sal weer kom!” Ja-nee, ’n visserman het altyd hoop!
Het jy geweet dat jou gees totaal en al afhanklik is van hoop? Jy kan dalk 40 dae sonder kos bly, 8 dae sonder water, 7 minute sonder suurstof – maar nie één minuut sonder hoop nie! Sonder hoop het jy geen verwagting vir die toekoms nie; geen begeerte na ’n beter môre nie en geen geloof dat die volgende gooi ’n “grote” gaan oplewer nie.
Die Bybel sê dat die Christelike lewe gebou is op hoop. Daar bestaan nie iets soos ’n hooplose Christen nie. “U, HERE, U is my hoop, op U, HERE, het ek van jongs af vertrou.... ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof.” (Ps. 71:5,14) Dis met hoop dat gelowiges die toekoms aanpak – want hulle glo GOD en Sy beloftes. Soos Abraham, Moses, Josef, Dawid en ja, Jesus, moet ons op GOD vertrou en met hoop en verwagting uitsien na wat GOD nog in die toekoms vir ons gaan laat gebeur – alles ten goede! (Rom. 8:28).
Jy moet vandag kies – vir hoop! Kyk terug en sien raak hoe GOD elke oomblik van jou verlede gesorg het vir jou. Moenie dit vergeet nie. Kyk boontoe en sien raak dat GOD die hemel en aarde beheer. Kyk vorentoe en weet Hy het die toekoms in Sy Hand. Kyk rondom jou en jy sal sien GOD se engele is orals rondom jou. Kyk na binne en weet dat jou geestesgesondheid gebou is op geloof, hoop en liefde! Hou vas aan die hoop!
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.