R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“My belangrikste tydverdryf is die letterkunde waarvoor ek my lewe deur baie lief was en steeds is,” vertel Sybill October (65), afgetrede skoolhoof (30 September 2014) van Laerskool Die Bron in Stanford. Sybill Gertrude October (Phillips) is op 17 September 1949 in Stanford gebore, waar sy ook grootgeword het.
Haar ouers was wyle Johnie en Sophie Phillips, met haar vader wat die heel eerste ingeskrewe leerder van Laerskool St Pauls was. Sy het 3 broers en 6 susters, waarvan sy die derde oudste is en van die 10 kinders is 7 in die Onderwys betrokke. Sybill het haar laerskoolloopbaan by Die Bron begin, wat meebring dat sy sowat 56 jaar deel van die skool is, uitgesluit haar hoërskooljare te Swartberg Hoërskool in Caledon en haar studietydperk.
Op 23 September 1972 tree Sybill met Sias October in die huwelik. Sias was tot en met sy aftrede vir 34 jaar by Stanford Hotel betrokke. Die egpaar het 1 dogter, Heidi wat ongetroud is en haar eie besigheid bedryf. Tydens die onderhoud het sy beskeie oor haar roemryke onderwysloopbaan van 47 jaar gesels - in hul netjiese huis met die naam “Soly Sombra”, wat Sonskyn & Skaduwee beteken. Haar studiejare was nie maklik nie en sy moes haar matriek, asook haar Hoër Onderwys Diploma via korrespondensie-studies verwerf. Sybill dien sedert 1967 as opvoeder (27 jaar) by die skool en sedert 1994 as skoolhoof (20 jaar). Sy het oor jare heen alle vakke aangebied, maar haar spesialiteitsvakke is Naaldwerk, Engels en Wiskunde.
“Dit was ‘n mondvol om met Afrikaans, Engels en Xhosa as mediums vir multikulturele onderrig by te hou, maar die taalkwessies was nog nooit ‘n probleem nie,” vertel hierdie gesoute onderwyser en skoolhoof. Gedurende haar onderwysloopbaan het Sybill vele toekennings, sertifikate en trofeë ontvang, maar twee hoogtepunte vir haar is die “National Teachers Award (Lifetime Achievement)” wat in 2009, asook in 2014 aan haar toegeken is. Daarmee saam is vele hoogaangeskrewe prestasies aan die skool onder haar leiding toegeken. “Al tien van ons was ‘boekwurms’ en ons het voortdurend ‘uitgehonger’ vir leesstof tuis gewag vir my ma om ou tydskrifte en boeke van haar werkgewers af saam te bring,” vertel Sybill.
Bykomend het sy vele stokperdjies, soos kook, bak, brei, hekel, lapwerk en dan rondreis wanneer dit bekostig kan word. Sybill sê die verrassings-afskeid wat vir haar gereël is, was by Beloftebos waar haar pa grootgeword het. “Daardie geleentheid was emosievol vir my en dit het my teruggeneem na die oorsprong van my lewenswortels.”
Toekomsplanne? “Eerstens ‘n welverdiende blaaskans vir my, maar van stilsit is daar geen sprake nie,” sê sy. “Ek beplan om by my dogter se besigheid betrokke raak, veral in die opvoedkundige deel daarvan, maar verder sal ek ook steeds by die Onderwysdistrik betrokke wees, aangesien onderwys deel van my bloedstroom is.”
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.