King of the Bay Wenners

King of the Bay Wenners

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengel-klub het op 11 Oktober 2014 die “King of the Bay” Boot-hengelkompetisie aangebied en ook as gasheerklub opgetree. Dié klub was ook die trotse wenner van die pragtige King of the Bay Wisseltrofee. “Die Bestuur van die Birkenhead Boothengelklub het reeds vroeg in 2014 besluit om jaarliks ‘n ‘King of the Bay’ Boothengel- kompetisie aan te bied,” sê Philip Fourie, voorsitter. Hy sê die gedagte was om ‘n prestige wisseltrofee te ontwerp en dat die drie bootklubs rondom Walkerbaai, naamlik Overberg, Birkenhead en Walker Bay (Hermanus) jaarliks om die trofee moet wedywer.

“Behalwe vir die opwinding wat met so ‘n kompetisie gepaardgaan, is beoog om die onderskeie visvanglede mekaar beter te laat leer ken en sommer net om ‘n heerlike visvangdag te hê.” Hyself en sy eggenote, Lorraine, was deur die Cape Horn gedenkteken se ontwerp, wat ‘n albatross uitbeeld, geïnspireer en het besluit om ‘n trofee wat ‘n Malgas (Gannet) vertoon, te ontwerp. “Met kundige insette en harde werk deur die bekwame en handige Herman Taljaard en staalsnywerk deur Laser Cut in Kaapstad, was die trofee betyds vir die eerste King of the Bay Boothengelkompetisie.” Philip en Lorraine, eienaars van Gannet Financial Services, is die borg vir die trofee, wat nou trots in die Birkenhead Boothengelklub vir die volgende jaar gehuisves word.

Drie Boothengelklubs het deelgeneem, met 6 bote wat ingeweeg het: Birkenhead Boothengelklub (gasheer met 3 bote - 6.6kg gemiddeld), Overberg Boothengelklub (1 boot - 5.98kg gemiddeld) en Walkerbaai Boothengelklub (Hermanus, met 2 bote - 2.7 gemiddeld).         

Die wenners vir die dag was: King of the Bay Trofee - Birkenhead Boothengelklub (6.6kg gemiddelde vismassa); swaarste vis (geelbek 5.55kg), met ‘n prys geborg deur Dyer Island Cruises vir ‘n haaibootrit vir 2 - Lulof Doyer; 2de swaarste vis (geelbek 5.45kg) - Johan Burmeister; 3de swaarste vis (geelbek 5.35kg) - Lulof Doyer; swaarste sak (18.4kg) - Lulof Doyer; 2de swaarste sak (17.05kg) - Johan Burmeister; swaarste boot (43.05kg) - Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste boot (11.95kg) - Lally van Stephen Aslin.

Hardus Botha

King of the Bay Wenners

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.