Gansbaai Superspar is 10 jaar jonk

Gansbaai Superspar is 10 jaar jonk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Superspar is in Oktober 2014 10 jaar gelede geopen in sy huidige perseel. Die Spar is egter al vir meer as 30 jaar op Gansbaai. Die Spar is in 1983 deur mnr Brummer geopen op die hoek van Voortrekker-en Kerkstraat. Vandag is Watertech Loodgieters se kantore in die perseel. In 1988 koop mnr Basie Wessels die Spar en skuif die Spar in 1992 na die Hoofstraat waar OK vandag is. In 1998 koop mnr Ettienne Bruwer die Spar by mnr Basie Wessels. Mnr Bruwer het die visie gehad om die winkel te omskep van ‘n Spar na ‘n Superspar. Om die winkel ‘n Superspar te maak benodig hy egter ruimte en skuif die winkel na sy huidige perseel en open in Oktober 2004. In April 2005 oorhandig die Bruwers die leisels aan die huidige eienaars, De Wet (foto links) en Morkel van Niekerk (foto regs). In 2008 koop die broers van Niekerk Kleinmond Spar en sluit hul broer, Bern, ook aan by die span. Hy bestuur eers Kleinmond Spar en in Januarie 2010 skuif hy na Eastcliff Spar toe die broers die winkel koop. Desember 2010 koop die broers ook Bredasdorp Superspar.

De Wet en Morkel was aan die begin maar groen in die kleinhandel besigheid en het harde lesse oor die laaste jare geleer. Die winkel het oor die laaste 10 jaar baie goed gegroei en die prestasies is herhaalde kere vereer met pryse.

Sukses kom nie vanself nie en word ‘n uitstekende bestuurspan en toegewyde personeel bedank vir hulle bydrae oor die jare. Die Van Niekerks het ’n prysbeleid daargestel dat pryse wat Spar in die stad aanbied ook op Gansbaai Superspar van toepassing sal wees. Die persepsie dat pryse oor vakansies en langnaweke verhoog word, is ook besweer en word prysaanpassings slegs gedoen wanneer verskaffers prysaanpassings deurgee. Ons is trots om te sê dat ons poog om die pryse mededinegend aan te bied.

Kliënte van Gansbaai Superspar word ook bedank vir hulle volgehoue ondersteuning oor die jare. Sonder ons kliënte is ons niks – sê Morkel. Ons personeel is ons belangrikste bate en is ek baie trots op elke lid van die Gansbaai Superspar span – sê De Wet.

Die moeilike ekonomiese toestande het almal genoop om hul kooppatrone te verander. Gansbaai Superspar is dit nie gespaar nie en moes ons oor die laaste jare ‘n paar moeilike besluite neem.

Die Tops@Gansbaai Superspar is verskuif en vergroot en spog met een van die grootste instap koelkamers in die land. Die uitleg van die winkel is ook aangespreek en verander tot voordeel van kliëntevloei.

Nuwe rekenaarstelsels het Gansbaai Superspar ook op die voorpunt gehou van die elektroniese evolusie.

Alles in aggenome het ons bestendige groei oor die laaste 10 jaar beleef. Daar was maar swaar tye, maar dit was almal se lot.

Weer eens baie dankie aan al ons kliënte, verskaffers en personeel.

Om ons kliënte te bedank vir die volgehoue ondersteuning het ons baie spesiale aanbiedings wat elders in die koerant adverteer word wat beskikbaar is ter viering van ons tiende verjaardag.

Gansbaai Superspar is 10 jaar jonk

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.