R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Toerisme se Algemene Jaarvergadering op 25 September 2014 was propvol positiewe nuus oor die vorige termyn. Die uittredende voorsitter, Johan Pieterse het breedvoerig verslag oor die Buro se werksaamhede gedoen. “Soos die vorige jaar, was dit weer eens ‘n jaar vol van uitdagings, maar ook ‘n opwindende jaar,” het hy gesê.
“Soos almal weet speel die ekonomiese toestande ‘n groot rol en mense vind dit finansieel moeilik om te reis, wat die taak van toerisme des te meer uitdagend maak om toeriste na die omgewing te lok.” Johan het sy waardering teenoor die uittredende komitee, asook Gansbaai Toerisme se Bestuurder, Glenda Kitley en haar personeel vir getroue ondersteuning en harde werk gedurende die jaar uitgespreek.
Glenda het die vergadering ingelig oor die kantoor se vele aktiwiteite en verskeie besoeke aan Toerisme-aanbiedinge elders, asook die kantoor se betrokkenheid by etlike Gansbaai-inisiatiewe. Die nuwe Toerisme Komitee wat verkies is, is Brenda du Toit (voorsitter), Caron Lee (ondervoorsitter), Hardus Botha (tesourier) en Glenda Kitley (sekretaris), met addisionele lede as Gina Boysen, Gregg Charlesley, Chrizulene van Niekerk, Katrina Adams en Hannes Linde. Die eerste vergadering van die Komitee het reeds plaasgevind en portefuljes soos Bemarking, Media en Ontwikkeling is aan die onderskeie komiteelede toegeken, met Glenda wat vir die oorhoofse administrasie as Bestuurder verantwoordelik bly. Johan het die nuwe Komitee alle sterkte in hul werksaamhede toegewens.
Na afloop van die vergadering is ‘n blyk van waardering aan Bill Clarke van McClarke’s Selfcatering Units oorhandig, wat op 3 September sy 90ste verjaardag gevier het. Gansbaai Toerisme Buro se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00.
Vir opdatum toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.