Daardie is 'n ware Christen Iemand wat GOD regtig lief het

Daardie is 'n ware Christen Iemand wat GOD regtig lief het

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is 'n ware Israeliet, 'n man in wie daar geen bedrog is nie.” (Joh 1:47) 

Wat sal Jesus van jou en my sê as Hy ons na Hom toe sien aankom? As jy deur die strate van Gansbaai en Suid-Afrika stap, dink jy die mense kan sien jy is ’n Christen? Want dit kan nie anders nie, as jy sê jy is ’n Christen moet dit aan jou vrugte wat jy dra,  duidelik word! “Elke boom word aan sy eie vrugte geken.” (Luk. 6:44) sê die Woord Van GOD. En verder sê Jesus ook: “Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.” (Joh 15:2)

Baie van ons dink dat ’n Christen altyd op die voorste sitplekke moet sit en harder as al die ander mense vir die kerk  moet werk. Kyk nou maar na hierdie Natanael, ’n dissipel van Jesus. Die oomblik as Jesus hom sien dan sê Jesus van hom: “Hierdie is ’n ware Israeliet, ’n man in wie daar geen bedrog is nie.”  Wat interessant is dat ons eintlik niks meer van Natanael lees in die Bybel behalwe hierdie paar verse in Johannes 1 nie. Tog is die woorde wat Jesus van hom sê een van die mooiste getuienis wat van iemand in die Bybel gesê word.

Wat gaan Jesus van jou sê?  Nie noodwendig dat jy die grootste tiende gegee het of die hardste vir die basaar gewerk het nie; of dat jy darem een of twee keer per maand in die kerk gekom of partykeer jou Bybel gelees het nie. Dit is nie wat regtig saak maak nie.

Dalk sal jy graag eerder die volgende woorde van Jesus wil hoor:

“Hier is ’n ma en pa wat tyd gehad het om met hulle kinders te speel en te praat!”

“Sy het graag met mense gepraat oor GOD se wonderwerke wat elke dag rondom haar gebeur.”  “Hy is ’n kind wat sy ouers en meerderes gerespekteer het.”

“Hy het moeite gedoen om die lewe vir ander makliker te maak – nooit aan homself eerste gedink nie.”  “Jy kon maar enige tyd met hom sake doen – hy het almal regverdig en gelyk behandel.” “Kyk net hoe mooi praat hy met sy vrou!”

Ja, GOD kyk diep in jou hart in as Hy iets oor jou wil sê. Jy kan Hom nie bedrieg nie – en al was jou verlede hoe swart en donker, vol foute en mislukkings – Hy het jou lief soos jy is. Van Dawid, ’n man met bloed en skande op sy hande sê GOD self:  “Dis ’n man so na My hart!” (Hand. 13:22) Hoekom word dit van Dawid gesê? Omdat Hy GOD lief gehad het met sy hele hart en siel! 

Mag GOD van my en jou ook sê: “Daar loop een wat My regtig lief het!”

Daardie is 'n ware Christen Iemand wat GOD regtig lief het

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.